Vind uit waarom dié besighede in die vermaaklikheidsbedryf saamspan …

Starburst PromotionsThe Marketing Zoo en Entertainment & Event Factory, het kragte saamgesnoer om ‘n opwindende nuwe wêreldwye platform vir kunstenaars te skep. Dié drie suksesvolle besighede wat nou kragte saamsnoer, wil ondersteuning aan kunstenaars gee, vermaak en konserte van wêreldgehalte verseker en vir gehore ‘n ervaring gee.

Hierdie maatskappye behou hul onafhanklikheid in hul onderskeie spesialisvelde, maar gaan onder die vaandel van Star Zoo Factory (SZF) ook hul kennis en ondervinding in een mandjie plaas om ‘n omvattende eenstopdiens te lewer.

Hul gesamentlike logo:

Pieter Cloete het met Alishia van Deventer, Rex van Deventer en Wian Smith oor die ekonomiese waarde van Afrikaans en ‘n toekoms in die vermaaklikheidsindustrie, gesels.