Dit werk net nie vir my nie

Dis net mooi mense wat kan bekostig om ryk te trou. Die minder esteties begaafdes onder ons, met ons puberteitpuisies en ons ongemaklike knieë, moet maar werk soek.

So daar is ek toe nou: einde 2018, hartstogtelik op soek na iets om deur die dag te doen.

Dis deesdae baie moeilik om werk te kry. Jy moet op 21 ten minste vyf doktorsgrade hê, twee keer op water geloop het en ’n stasiewa kan brandstoot.

Jy stuur 30 CV’s uit na 10 maatskappye en dan kry jy net verskonings terug soos: “Jammer, die dak lek bo lessenaar vier so ons kan nie nou iemand daar plaas nie” of “Skuus, die kantoor se koffiemasjien maak net voorsiening vir 30 mense. Nie 31 nie.”

Uiteindelik kom daar ’n oproep deur. ’n Obskure maatskappy in die noordelike voorstede van Kaapstad soek ’n kopieskrywer. Dit klink soos ek.

Met die intrapslag is dinge benoud.

Die ontvangsdame het Hannon se spuit-en-pluk-tegniek op haar hare toegepas. Dit was minder suksesvol as die kykNET-weergawe. Dit het ’n effense muishond-effek voor. Agter toon dit tekens van ’n voëlnes. Ek doop dit die muskeljaatkat-voor-kiewiet-agter-haarkaskenade. Ek het al steekhaar Jack Russels met beter haarstyle gesien.

Ek benader haar met grasie (ek het eenkeer op 50/50 gesien muishonde skrik vir vinnige bewegings).

Ja…?

“Ek is hier vir die onderhoud.”

“Ja, sit maar.” (Ek het ’n twee maande oue sakkie melk in my yskas wat minder suur is as sy.)

Dis ’n oopplankantoor. Mens kan alles sien.

Op die punt van die lang ry lessenaars sit ’n middeljarige Johan.

Hy is die tipe wat die maatskappy se wi-fi gebruik vir Facebook. Pa van drie. Hy het sy lus vir die lewe verloor in 1963, twee maande voor sy geboorte. Die geskiedenis op sy Google-soekenjin lyk soos volg:

  • Hoe drink kameelperde water?
  • Goedkoop maniere om ’n bles weg te steek.
  • Hoe weet ek of my vrou swanger of net vet is?
  • Mag mens sonder ’n hemp loop by Klub Mykonos?

Langs hom sit Hester: Sy steel elke Dinsdag kantoorpapier vir haar kinders se skooltake en het onlangs by ’n unie aangesluit wat mense verbied om hard te kou in die kantoor.

Haar grootste vyand is Bets – die kantoorvraat. Bets is nie die tipe wat sommer net ’n broodjie eet nie. Nee, sy loods ’n aanval. Die broodjie gaan berading moet ontvang na daardie hap. Ek ook.

En dan is daar die mooi kantoornooi. Haar naam is Tiffany (maar as jy !Babeliciou$>! intik op die internet sal jy haar ook kry). Sy dans op die tafel by werksfunksies en ken die biologiese onderbou van elke man in die kantoor. Jy kan ’n volwasse baber uittrek met daardie visnetkouse van haar.

In die hoekie van die kantoor sit die Huiler. Sy hekel in haar vrye tyd en dra doilies as truie. Jy kyk net vinnig in haar rigting, dan het sy ’n bloukol. Haar profielfoto op Facebook is dié van ’n Yorkshire-terrier wat lustig deur ’n veldjie draf. Sy glo ook in Whatsapp-kettingboodskappe met die woorde: “Mag jou dag gevun wees met LiefdE en Vreugde” (sy proeflees nie graag in haar vrye tyd nie…).

En dan is daar die leë stoel. Ons almal ken daardie tipe. Hulle is chronies afwesig. Steve werk al vyf jaar lank by die maatskappy. Toe hy laasmaand vir werk opdaag het iemand hom aangegee by die polisie. Hulle dog hy breek in. Sy verskonings wissel:

Jammer, my hond het gekraam.

Jammer, my vrou het gekraam.

Jammer, ék het gekraam.

“Hulle is reg vir jou!” blêr die Muishond oor die toonbank.

Ek skrik. Asem in en uit…