Die volgende groot Afrikaanse kunstenaar op die horison

Die Kontrak is hier en jy kan WEN saam met Afrikaans.com

Die groot oomblik is uiteindelik hier: VIA (DStv-kanaal 147) en Coleske Artists se splinternuwe TV-reeks, Die Kontrak, waarin die volgende groot Afrikaanse kunstenaar gekroon sal word, skop op 19 September af.

Broer-en-suster-duo Bobby en Karlien van Jaarsveld is die aanbieders. Die reeks se agt aspirant-musieksterre wat ná ’n landwye aanlyn veldtog uit bykans 2 000 sangers gekies is, sal deur die mentors Elvis Blue, Tarryn Lamb, Monique Steyn en Dewald Wasserfall gebrei word vir die strawwe uitklopkonserte wat hulle week na week moet aandurf.

’n Kennerspaneel wat bestaan uit die sangers Theuns Jordaan en Corlea Botha asook Barry Pretorius, die regisseur van die Afrikaans is Groot-megakonserte, sal weekliks hul sê sê oor die deelnemers se optredes. Dit is egter Coleske Artists se grootbaas, Arnold Coleske, wat moet besluit of ’n deelnemer hul kontrak kwyt is of ’n tree nader aan die Afrikaans is Groot-verhoog is waar die wenner van Die Kontrak uiteindelik gekroon sal word.

Die wenner sal op 23 November tydens Afrikaans is Groot 2018 by die Sun Arena in Pretoria aangekondig word en ’n kontrak ter waarde van R1 miljoen met Coleske Artists losslaan. Nuwe episodes van Die Kontrak sal elke Woensdag om 20:00 uitgesaai word met heruitsendings op Sondae om 18:00.
Die JOOX-app, die Suid-Afrikaanse stroomdiens met die meeste Afrikaanse inhoud, is die amptelike
stroomvennoot van Die Kontrak.

Bobby van Jaarsveld

Karlien van Jaarsveld

Tarryn Lamb

Elvis Blue

Monique Steyn

Die goeie nuus: Afrikaans.com is aan boord en jy kan elke week saamspeel en ‘n kans staan om R2 000 te WEN.

Ons wil weet watter Afrikaanse liedjie se woorde tokkel jou hartsnare. Deur te stem, staan jy ‘n kans om R2 000 los te slaan met Die Kontrak op Via (DStv-kanaal 147) en Afrikaans.com se opwindende liriekkompetisie.

Klik hier en vind uit hoe om elke week deel te neem!