Leer hoe om te blog

Nuttige aanlyn-kuierplekke as jy wil blog of wil sien wat ander doen

Blognaam WEBTUISTE Wat

Afrifiksie

https://www.viva-afrikaans.org/ Aanlyn-kuierplek oor Afrikaanse Wetenskapsfiksie en Fantasie vir skrywers (gevestig en nuut) en aanhangers. Kortverhale, wenke, kursusse, rolprentbesprekings en ‘n handige woordelys. Met ‘n skakel na ‘n onafhanklike uitgewer wat in die genre spesialiseer.

Blik

 http://blik.co.za/meer  Hoe gemaak as jy jou eie blog wil begin? Watter platform werk die beste? Of moet jy eerder by ‘n blog-kolonie aansluit? Wat kos dit? Wat het jy als nodig? Blik se mense het in keurige Afrikaanse internet-taal ‘n handige en verstaanbare gids met riglyne saamgestel om al jou vrae te beantwoord. Met skakels na Afrikaanse blogs op al die mees algemene platforms waar jy vir wenke kan koekeloer of net lekker kan lees.

Blog in Afrikaans

https://www.viva-afrikaans.org/ WordPress is nie net een van die mees gewilde platforms vir blog nie, maar ook vir webtuistes (al die voorste internasionale publikasies bou hul webtuistes op WordPress). Danksy hierdie spannetjie, is WordPress-padkaart nou ook in Afrikaans en kan jy maklik jou pad op en in die platform vind.

Voeg daad by die woord: Leer hoe om te blog

Naam Skakel

Vrouekeur.co.za.

http://www.vrouekeur.co.za/

Huisgenoot.com

http://huisgenoot.com/

Netwerk24

http://www.netwerk24.com/

RooiRose.co.za

http://www.rooirose.co.za/

Goodhousekeeping.co.za

http://www.goodhousekeeping.co.za/

Stofpad huis toe (ook: Nellie se blog)

http://nellieseblog.blogspot.co.za/ Uit die mond van ‘n blogger self. Nellie vertel breedvoerig van al die stappe wat sy gevolg het om haar eie blog te begin. Wenke en riglyne sluit ook in hoe jy ‘n rekening by YouTube vir video’s kan oopmaak en hoe jy foto’s oplaai.

Mr V’s Classroom Companion

http://mnrvermeulen.blogspot.co.za/ Moet jou nie daarteen blind staar dat hierdie eintlik ‘n blog met studiehulpmiddels vir onderwysers is nie. Mnr Vermeulen gee stap-vir-stap praktiese riglyne in Afrikaans hoe om ‘n blog te begin. Die hele les kan as ‘n PDF-dokument (met illustrasies) afgelaai word om byderhand te hou.

Pink Peonies

http://pinkpeonies.co.za/ ‘n Blog of jou eie webtuiste is soos ‘n potplant in jou huis; hy moet gereeld gevoed word. Beplan jou blog-dagboek en -program sommer vir die hele jaar met hierdie handige templaat (op ‘n Engelse skoonheidsblog).

AppFabriek

http://appfabriek.co.za/blog/ Is die wêreld van toeps (apps) en digitale bemarking op die Internet vir jou Grieks? Of dalk verstaan jy hierdie Grieks? Hier kan jy leer hoe om jou toep te bou, en daar is ook ‘n skakel na ‘n formele kursus.

Blog.Tiaan.com

http://blog.tiaan.com/ Nou is jy reg om te begin blog. Maar jy wil darem jou skrywes mooi skoon hou – taalkundig gesproke. Volg hierdie maklike stappe om Tiaan Geldenhuys se gratis speltoetser vir Afrikaans wat jy altyd byderhand kan hou, af te laai. Hy gee ook ander tegniese raad en wenke op sy blog.