Fanie Os Oppie Jas

Wat ek van jou benodig: jou posadres.Wat ek nié van jou benodig nie: jou volle name, jou geboortedatum, jou ID-nommer, jou bankrekeningnommer, jou PIN, jou ma se nooiensvan, jou huwelikstatus, jou e-posadres, jou gunsteling kleur, die naam van die rugbyspan wat jy ondersteun (alhoewel dit sal help as dit die Bulle is).So dís hoe dit gaan werk, in sewe eenvoudige stappe:1. Stuur vir my jou posadres in ‘n private boodskap.2. Sleutel die woorde ‘Ek het my adres vir jou gestuur’ by die comment-boksie onder die video in.3. Ek stuur vir jou ‘n poskaart van iewers in die wêreld af. Dit mag dalk nie volgende week of volgende maand wees nie, maar of ek nou drie of driehonderd poskaarte moet stuur – ek sál my woord gestand doen.4. Wanneer jy jou poskaart ontvang, neem ‘n foto daarvan en post dit as ‘n verdere comment by die oorspronklike een wat jy tydens stap 2 gelos het.5. Vertel vir my wat jy gedoen het om iemand anders se dag op te vrolik – as ‘n verdere comment onder die een wat jy tydens stap 4 gelos het. En as jy ‘n foto daarvan wil post, gaan gerus voort. Maak net seker dat jy dit alles onderaan jou oorspronklike comment van stap 2 doen.6. Kry vir jou 'n virtuele high five van my af.7. Wees gesond. Wees gelukkig. Wees lekker.Soos wat ek in die video gesê het, kan jy doen nét wat jy wil – solank dit iemand se dag opvrolik. Maar hier is in elk geval ‘n paar idees:1. Stel jou talente gratis beskikbaar aan iemand wat dit nie kan bekostig om daarvoor te betaal nie.2. Vat vir die veiligheidswag by jou woonkompleks ‘n koppie koffie. 3. Stuur ‘n boodskap aan ‘n oud-onderwyser wat ‘n verskil in jou lewe gemaak het.4. Gee jou doggy bag vir die hawelose persoon wat by die stopstraat bedel.5. Gaan stel jouself voor aan die nuwe intrekkers in die straat, of aan die nuweling by die werk.6. Maak ‘n donasie aan ‘n liefdadigheidsorganisasie.7. Luister na iemand se lewensverhaal.8. Gee vir die persoon met net ‘n paar items by die supermark plek voor jou in die ry. 9. Bel jou ouers / grootouers / kinders / vriende met wie jy lanklaas gesels het.10. Gee ‘n drukkie vir iemand wat dit nodig het.11. Nooi daardie vriend wat deur ‘n moeilike tyd gaan vir ‘n braai.12. Gee vir iemand ‘n boek oor ‘n onderwerp waarin hy/sy geïnteresseerd is.13. Bied aan om vir die persoon in die ry agter jou se koffie te betaal.14. Bedank die skoonmaker by die werk, en knoop sommer ‘n geselsie aan terwyl jy sy/haar aandag het.15. Wanneer jy ‘n nuwe kledingstuk aanskaf, skenk ‘n oue aan iemand wat dit nodig het.16. Skryf ‘n mooi briefie vir jou lewensmaat, en steek dit iewers weg waar hy/sy dit later sal ontdek.17. Bied aan om iets vir ‘n vriend te doen wat jy weet hy verpes om self te doen.18. Vra vir iemand of hy/sy gewig verloor het, selfs al weet jy dat dit nie die geval is nie.19. Komplimenteer ‘n ouer in ‘n openbare plek op sy kind se goeie maniere.20. Gee vir iemand ‘n takealot.com-geskenkbewys.21. Vat ‘n koek werk toe en deel dit met jou kollegas – selfs al is dit nie jou verjaarsdag nie.22. Los ‘n ordéntlike fooitjie vir die kelner wat jou met ‘n glimlag bedien het.23. Raam ‘n foto van jou en ‘n vriend, en gee dit as ‘n geskenk aan die vriend in daardie foto.24. Rig ‘n komplimenterende e-pos aan die bestuurder van iemand wat goeie kliëntediens aan jou gelewer het. 25. Los ‘n vriendelike comment by iemand se Facebook-status.26. Maak ‘n speellys van jou gunsteling liedjies en gee dit vir iemand wat dit sal waardeer.27. Reël ‘n fondsinsameling onder jou kollegas, en koop ‘n bos blomme vir die ontvangsdame by die werk.28. Bied aan om jou enkelma-vriendin se kinders te babysit.29. Maak vir jou lewensmaat ‘n lysie van die redes waarom jy hom/haar liefhet.30. Share hierdie video. ☺

Posted by Fanie Os Oppie Jas: Allahwêreld. on Friday, 22 April 2016

Wat ek van jou benodig: jou posadres.

Wat ek nié van jou benodig nie: jou volle name, jou geboortedatum, jou ID-nommer, jou bankrekeningnommer, jou PIN, jou ma se nooiensvan, jou huwelikstatus, jou e-posadres, jou gunsteling kleur, die naam van die rugbyspan wat jy ondersteun (alhoewel dit sal help as dit die Bulle is).

So dís hoe dit gaan werk, in sewe eenvoudige stappe:

Lees meer

Kyk hier na sy video oor inkopies doen in ‘n Chinese supermark of besoek sy webtuiste en lees sy lekker Afrikaans in die buiteland hier.