Andre Christof – Op Vlerke

André Visagie en sy vrou, Katie, se passie was nog altyd die natuur en saam het hulle oor die afgelope 35 jaar gereeld die Krugerwildtuin besoek.

Op Vlerke, die gewilde blog onder die naam André Christof,verskyn op Netwerk24. Sy treffende beskrywings van diere en hul maniere voer lesers weg en gee hulle die geleentheid om te voel asof  hulle self vir die wild in die Kruger Park sit enkyk.

Hierdie besoeke het gepaard gegaan met hul stokperdjie om wedervaringe, wat op DV kamera vasgelê is, te verwerk en op DVD te sit. Op vlerke, verskyn sedert Augustus 2012 en van André se blogs kan hier gelees word.

“Hierdie is ‘n passie wat ons uitleef, loop, eet, drink, slaap. Ons voel soos ‘n Dr Dolittle as ons in die natuur en tussen die diere is. Ons bly ook hier in Neslpruit met ‘n natuurtuin wat agter die huis teen die kop uit loop. Ons ervaar bykans elke dag die apies, hadidas en nog baie ander, lysters, suikerbekkies, die bloukuifloerie, houtkappers, spookvoël, ons hoor gereeld ‘n geelblestinker, ‘n hamerkoppie met sy onmiskenbare, kiep, kiep, roep as hy oor die huis verby vlieg. By tye kom sit hy op die huis se dak. Valkies wat jag. Ons hoor sekere tye van die jaar die bosuile en gevlekte ooruile in die palms om die huis.”

Sy blogs word ook uit gegee as ’n reeks boeke en is beskikbaar by Kraal Uitgewers. Lees meer hier.