Blog van die week

Die hysbak

deur Denise McLoughlin

Afrikaans.com nooi jou uit om deel van ons blogger-gemeenskap te word. Ons plaas elke week die WEN-blog en wil graag jou skryfkuns voorstel aan ons lesers. Stuur jou blog aan myafrikaans@afrikaans.com. Vertel ons so ’n bietjie meer van jouself en stuur vir ons ’n foto of ’n prentjie wat jou blog illustreer. Lees meer …

Afrikaans.com-Denise-McLouchlin

Denise McLoughlin woon in Boston in haar kleurvolle 80-jarige huis wat sy deel met huismaats. “Ek bly jonk deur my belangstellings soos om die pad te vat met my toerkarretjie, foto’s van ou geboue te neem, my huis knus te maak en ek is mal oor die platteland. Ek lees wyd en kuier op sosiale media. Ek is boonop ’n ouma van drie!” Sy sê haar liefde vir Afrikaans is deur haar avontuurlustige ouma en haar wonderlike skooldae op Monument Hoër, Krugersdorp met puik Afrikaanse onnies, aangewakker …  Sy skryf  dagboeke vandat sy 15 jaar oud is en sy waag haar hand aan versies. Die skryf van haar joernaal is haar daaglikse plesier. “Ek deel baie graag wat ek beleef, soms met ’n tikkie humor. Ek leef voluit en maak van ’n suurlemoen ‘n soetlemoen!”

Denise deel haar wedervaringe met ’n hysbak en kom tot die slotsom dat ’n mens alles kan gewoond raak – ook ’n glas-hysbak met sy eie nukke!