fbpx

Albert van Wyk: Alles is moontlik in jou moedertaal!

Die jong entrepreneur, Albert van Wyk, het sy eerste miljoen rand gemaak, en dit op die ouderdom van 22! Hy besit talle eiendomme en besighede en is die skrywer van die topverkoper, How to be a millionaire at 22.

Albert skryf sukses toe aan sy ingesteldheid en die feit dat hy groot droom … in Afrikaans!  Hy het klein begin … op ‘n jong ouderdom, maar sy geloof in homself, die feit dat hy doelwitte kon stel, maar ook planne kon beraam om sy doelwitte te bereik, was die bestanddele wat hy ook in sy boek bemark. Sy sterk fondasie in sy moedertaal stel hom in staat om sy kreatiwiteit uit te leef en hy is passievol hieroor. Probleemoplossing en kreatiewe denke is gewortel in jou moedertaal.  Luister hier hoe hy gesels:

064 652 6873

JOU Afrikaans tel oral en altyd. Vertel ons met die hutsmerk #jouafrikaanstel waar, wanneer of waarom jou Afrikaans tel. Met ons nuutste veldtog bevestig ons dat jy nooit jou taal hoef prys te gee nie, dat Afrikaans oor globale grense strek en dat ons die verskeidenheid in Afrikaans vier. Kyk hier na die veldtog-video’s en neem deel. Onthou om jou naam, van en van watter geweste jy is, by te voeg.