Resepte en kosblogs

Kom gesels saam en vertel ons van jou blog of ‘n nuttige webtuiste waarmee ons die lysie kan aanvul.

In en om die huis In en Om die Huis inenomdiehuis.blogspot.co.za/ Twee vroue deel inligting oor kos, resepte en nuttige “goeters en katoeters” wat hulle raakloop. Lede is welkom om op Facebook by die groep aan te sluit.
Errieda du Toit huiskok.com RSG se huiskok en Kokkedoor/Koekedoor se inhoudskonsultant deel mildelik resepte uit haar eie, indrukwekkende argief en dié van haar bekende kosvriende; met ‘n goeie skeut kuier- en kosstories en foto’s.
Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie https://toortsie.wordpress.com/ Toortsie gesels en gee raad oor Banting en deel ook haar Banting-resepte.
Sout en Peper https://soutenpeper.com/ Niël is ‘n kosskrywer, fotojoernalis, restaurantkonsultant, versamelaar en reisiger, en die koning van erfeniskos. Hy deel sy resepte-met-stories en kosrubrieke.
Kuier, Kook, Klets http://kuierkookklets.weebly.com/ ‘n Groep bloggers deel wenke en hul eie resepte, asook die van hul vriende. Vir jou gerief is inskrywings alfabeties volgens kategorie (kossoort en metodes) en met onderafdelings, gerangskik.
Watertandresepte vir oud en jonk http://www.watertandresepteviroudenjonk.com/ Henriëtte Wessels en vriende en familie deel ‘n allemintige lys resepte wat alfabeties gerangskik is. Gerieflike skakel na ‘n gepaardgaande Facebook-blad met byna 52 500 vriende.
Lekker resepte vir die jonger geslag http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/ Helena Kruger en haar medewerkers deel ‘n swetterjoel resepte (ook weeklikse spyskaarte), met skakels na versamelings. Die Facebook-groep (https://www.facebook.com/groups/200852016836 ) het meer as 100 000 lede.
Lekker resepte http://lekkerresepte.blogspot.co.za/ ‘n Blog met min gesels en baie resepte; en ‘n bykomende lekkerte vir diegene met Engelssprekende vriende – daar is Engelse (en buitelandse) weergawes van feitlik al die resepte, wat jy maklik kan deel.
Kos se Storie http://www.kossestorie.co.za/ Kokkedoor-beoordelaar, Hetta van Deventer, grawe in die skatkis van ons erfeniskos; deel die stories, boeke en resepte. Met skakels na haar sosiale media-netwerk.
Die Kos Vos http://diekosvos.co.za/ Ilse van der Merwe is ma, kok, kosskrywer en spysenier. Haar kombinasie van blog en webtuiste is netjies opgedeel in video’s, resepte en kosplekke/ervarings wat sy raakgeloop het.
Kreatiewe Kosidees https://kreatiewekosidees.com/ Rentia Pretorius bedryf haar blog uit Middelburg in die Oos-Kaap en dit sluit heelwat bydraes in vanaf die meer as 160 000 volgelinge op Kreatiewe Kosidees se Facebook-blad (skakel op die blog).
Só maak mens! http://www.onsdorp.com/ Retha Kruger se blog bring hulde aan die goue jare van Esmé en Jan se gelyknamige program op die toenmalige Springbokradio. Sy deel resepte, gee raad en wenke en verskaf skakels na oplossings op die kosfront.
Madelie se reis- en spysblog http://www.madelieblog1.com/ Madé Hugo, gebore Vrystater, later musiekonderwyseres, bibliotekaresse, publiseerder en nog wat, “lees graag Afrikaanse blogs, want ons skeep ons taal so af deesdae.” Haar blog, Madelie se reis- en spysblog, is volgens haar gemik op Afrikaanssprekende baby boomers  – dis nou die van ons gebore tussen 1946 en 1964. Madé vertel sy reis graag, hou van eet en is mal oor musiek, vandaar haar blog.