Afrikaans – ’n taal vir die liefde

“Vir jou wens ek ‘n son wat liggies oor die aarde stap en daar lieflik blom” … – Die digter Rosa Keet

Jy kan inspireer … in Afrikaans

Demi Lee gesels oor die taal van die liefde.

Demi Lee wens ons ‘n gelukkige Valentynsdag toe.

Een van Demi Lee se gunstelingliedjies is: By jou van Theuns Jordaan.

Jy kan oor die liefde dig … in Afrikaans

Vir Jou

Vir jou wens ek ‘n son
Wat liggies oor die aarde stap
En daar lieflik blom
In helder kleure aanmekaargelap

Vir jou wens ek ‘n son
En vir jou wens ek ‘n see
Wat rustig aan die rotse lek
En skulpe vir jou gee
Om in die poele te kan herontdek

Vir jou wens ek ‘n see
En vir jou wens ek ‘n maan
Wat altyd vol en voller loop
En sterre waarmee jy
Die hemel self sal oop kan knoop

Vir jou wens ek ‘n mens
Wat lief vir jou sal wees
By wie jy dag na dag
Dieper deure kry

En saam-saam ryg julle groepies genot
In een vir jou en een vir my
In rooi halsstringe op

Vir jou wens ek ‘n wêreld
Wat mooi moet wees en oop
En sonder seer
En sonder oorlog
En sonder hongersnood
Vir jou net vir jou

Rosa Keet (Gebore op 10 Februarie 1945)

Jy kan oor die liefde sing … in Afrikaans

Jy kan skep … in Afrikaans

Lidi de Waal

Lidi de Waal

Lidi de Waal

Raad vir die liefde in Afrikaans …

Jy kan skryf oor die liefde … in Afrikaans

Kompetisie: Die liefde in jóú se Afrikaans

LAPA Uitgewers soek manuskripte oor die liefde wat Afrikaans in al haar tonge uitbeeld. Die liefde is wel ’n universele taal, maar dit klink darem baie lekkerder in jou eie dialek of variëteit.

Om dít te fasiliteer hou ons ’n kompetisie waarin ons vra: Hoe klink die liefde in jóú se Afrikaans? Praat jy of jou karakters Kaaps, Johannesburgafrikaans, Namakwa-afrikaans of Oranjerivierafrikaans? Klink die Afrikaans van die Weskus anders as die Afrikaans van die Ooskus?

Ons wil weet; en ons wil weet oor die liefde, want dít is iets wat ons almal verstaan.

Daar is geen genrevoorskrif nie, solank dit ’n lekkerleesverhaal van tussen 45 000 en 75 000 woorde oor die liefde is. Soos Afrikaans, het die liefde baie vorme. Enige dialek of variëteit van Afrikaans word aanvaar, LAPA soek egter opsetlik na verhale wat Afrikaans in al haar tonge uitbeeld; die keuse van wenners en publiseerbaarheid sal hierdeur beïnvloed word.

Die prysgeld is soos volg:

  • R20 000 vir die wenverhaal
  • R10 000 vir die naaswenner
  • ’n Debuutprys van R5 000 word uitgeloof. Dié prys sou moontlik ook aan die wenner of die naaswenner toegeken kon word.

Die sluitingsdatum vir voorleggings is middernag 3 Februarie 2020.

Vir ’n kopie van die kompetisiereëls, kontak kompetisie@lapa.co.za