Afrikaans.com Onderhoude
PappaChef

PappaChef en bekendes kattemaai en kook in die kombuis!

“’n Kookprogram met ’n verskil. PappaChef sit ’n kinkel in die konvensionele kookprogram.”  Grense word verskuif in hierdie Afrikaanse multimediavertoning wanneer radio en sosiale media saamspan. Van die grootste name in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf sluit elke week by Pieter Malan, bekende sjef en kospersoonlikheid van KykNET se Kokkedoor-faam, aan vir…

Lees meer

Rolene Strauss – passievol en gedrewe in Afrikaans.

In 2014 het Rolene Strauss se lewe onherroeplik op die Mejuffrou Wêreld-verhoog verander. Met die afsluiting van dié kompetisie, was dit duidelik dat veel meer as skoonheid binne haar borrel. Nou, ses jaar later, as mamma, besigheidsvrou, spreker en skrywer, is Rolene meer as ooit die baken van hoop wat…

Lees meer
Frank Opperman ontvang FAK Prestige-toekenning

Frank Opperman ontvang FAK Prestige-toekenning

Met die woorde “Poeksie Woeksie se Worsie Wapsie” en die komieklike maniertjies van sy geliefde karakter Ouboet, het Frank Opperman reeds 30 jaar gelede die harte van talle Suid-Afrikaners gesteel. Dit is dan ook geen verrassing dat hy onlangs tydens ’n spesiale geleentheid in Pretoria deur die FAK vereer is…

Lees meer
Wêreld-Lagdag – elke eerste Sondag in Mei

Wêreld-Lagdag – elke eerste Sondag in Mei

Kyk hier na een van Nataniël se stories Elke eerste Sondag van Mei vier die hele wêreld Lagdag en ons lag saam in Afrikaans! Storieverteller, musikant, vervaardiger en sake-ghoeroe Nataniël het die vermoë om daardie glimlag in ‘n oogwenk in hardoplag om te tower. Die dag is die breinkind van…

Lees meer
Verskilmakers in die Afrikaanse vermaakbedryf

Verskilmakers in die Afrikaanse vermaakbedryf

Kerstyd is omgeetyd en Afrikaans.com het gaan uitvind hoe oop is die harte van ons Afrikaanse kunstenaars en nodeloos om te sê … ons is nie verras nie. Ons plaaslike vermaakkunstenaars se harte is oop en hul gee met oorgawe! Daar is baie suksesvolle bekendes wat in die vermaaklikheidsbedryf werk…

Lees meer
Die hárt van die langvrou

Die hárt van die langvrou

Afrikaans se kabaretster, Petronel Baard, is gebore in Riversdal en getoë in Villiersdorp – die platteland haar grootwordplek  en die verhoog … haar vrywordplek. Sy maak haar hart oop vir Afrikaans.com en vertel van die kronkeldraaie op haar pad. Christiaan J de Swardt het met haar gesels. Petronel Baard tydens ‘n optrede…

Lees meer
Kim Cloete se pad maak nuwe kronkels

Kim Cloete se pad maak nuwe kronkels

Vir drie jaar lank het Kim Cloete weeksaande by ons gekuier as Binnelanders se Bronwyn Abrahams, maar nou is dit tyd vir ʼn nuwe uitdaging. Alita Steenkamp het met haar gesels. “Een van die redes waarom ek weg is uit Binnelanders, skryf ek toe aan ʼn ding genaamd FOMO: The fear of missing out! Ek…

Lees meer
‘Stroomop’ koerantman se herinneringe – Harald Pakendorf

‘Stroomop’ koerantman se herinneringe – Harald Pakendorf

Foto: Laevelder Van links na regs: Harald Pakendorf, Kobus Blignaut, Chris Louw, De Wet Potgieter, Mike van Niekerk In 1972 is Harald deur die destydse hoof van Perskor, Marius Jooste, gevra om ʼn splinternuwe oggendkoerant in Pretoria te begin, Oggendblad. Harald was toe bloot 32 jaar oud. De Wet Potgieter, ondersoekende…

Lees meer
Afrikaans se eerste skerpskertsvrou – Dowwe Dolla is nie dof nie!

Afrikaans se eerste skerpskertsvrou – Dowwe Dolla is nie dof nie!

Dowwe Dolla looi (on)heilige koeie en bulle nou al 25 jaar lank met haar suggestiewe suigstokkie. Haar skepper, die aktrise Margit Meyer-Rödenbeck, skuil dalk agter ʼn alter-ego se naïwiteit in satire,  maar haar skepper, Margit Meyer-Rödenbeck, doen dit met ʼn doelgerigte fokus, het Christiaan J de Swardt vasgestel. Weg met die dwepers,…

Lees meer
Riaan Cruywagen IS nuus!- en snaaks

Riaan Cruywagen IS nuus! (- en snaaks…)

Lees ‘n mens van die jaarlikse ATKV-Mediaveertjies* – ‘n hoogtepunt op die mediakalender – wat op 11 Mei in die Katy’s Palace Bar plaasvind, dink ‘n mens onwillekeurig aan een van die heel grotes in die bedryf, die uitsaailegende Riaan Cruywagen. Die uitsaaiveteraan Riaan Cruywagen het twee kante: die diplomatieke nuusdraer…

Lees meer
June van Merch – een van ons land se heel bestes

June van Merch – een van ons land se heel bestes

“June klim in ʼn karakter se skoene, sy word daardie karakter en dan kan jy nie vir beter vra nie. Sy gee regtig haar alles en is ʼn wonderlike spanspeler.” Sally Campher, vervaardiger van Raaiselkind Oor wat ons alles van hierdie seisoen van Sara se Geheim kan verwag, swyg June. Al wat sy…

Lees meer
Marlene le Roux ‘n Lewe na polio

Marlene le Roux: ‘n Lewe na polio

Is daar ’n lewe na polio? Belinda Jackson (die Burger) gesels op  wêreld poliodag met ’n bekende figuur in Kaapse teaterkringe en ’n polio-oorwinnaar, dr. Marlene le Roux, uitvoerende hoof van Kunstekaap, oor haar polio-reis van geboorte af. Sy is ook ‘n Beskermvrou vir Afrikaans. Hierdie artikel het oorspronklik op Vrydag, 20 Oktober…

Lees meer