Afrikaans.com - Aardklop

’n Taalfees vir almal!

Vanaf 1 tot 7 Julie is dit weer aan die gons op die Kovsiekampus in Bloemfontein. Die Vrystaat Kunstefees is die besoek werd. Vat gerus ‘n blaaskans en trotseer die winterkoue om te deel in die aanbod wat jou wêreld sal verbreed en ’n program wat vermaak bied wat jy nêrens elders sal vind nie.  

Suidoosterfees 2019 – ’n Fees vir almal!

Met unieke stories, ’n skatkis vol talent en jong talent beloof vanjaar se sestiende Suidoosterfees om jou siel te verryk en jou tone van lekkerkry te laat krul. Irma Albers, die waarnemende uitvoerende hoof, sê  die kunste gee hoop – “kreatiewe kunste is die lig wat deurbreek in uitdagende tye”.

25 jaar van kuns in die Klein-Karoo ... kies koers na die 2019 KKNK

“Of jy nou ’n Sokkiebokkie, Kunskat of Dramavoor is, die 25ste KKNK het iets vir elke kultuurdier – van komedie tot kontemporêre musiek. So slyp jou tande, spits jou ore en swaai jou stert Klein-Karoo se kant toe...”

US Woordfees 2019: ’n Fees van leefstyl, kultuur en vermaak – 1 tot 10 Maart.

Die US Woordfees is die plek om skouers te skuur met skrywers en akteurs, te deel in die debat, jou ore met musiek te streel, jou siel te verkwik met uitstekende kuns en jou in topgehalte toneel en talent te verlustig. 

kykNET Fiëstas 2019 - Die kunste se onontbeerlike rol in die strewe na versoening, vrede en harmonie

Vanjaar se negende kykNET Fiëstas, die kanaal se jaarlikse toekennings vir kuns, musiek en teater, het op Valentynsaand in die Kunstekaap in Kaapstad plaasgevind.

OPTOG - die bus het vertrek!

OPTOG is hier en die eerste vertonings het op 14 Februarie afgeskop in Stellenbosch en Durbanville met die viering van die liefde vir goeie Afrikaanse musiek en toe sommer op Valentyndsdag - die kersie op die koek natuurlik! Drie van die Bestes (Kevin Leon, Matthys Roetz, Danie Niehaus) en Elvis Blue het die gehore op hul voete gehad en selfs beurtkrag kon nie 'n demper wees nie!

Adam Small-fees 2019: 22 – 24 Februarie

Die Adam Small-fees in Pniël vind weer vanjaar vanaf 22 tot 24 Februarie plaas. Hierdie fees is ’n viering van Adam Small se nalatenskap ... en die program lees vanjaar soos ’n liefdesbrief vir Afrikaans.