Taalportaal: Kry al die inligting oor die Afrikaanse grammatika híér!
Onderwysers, studente, dosente en taalkundiges is konstant besig om te soek vir inligting oor Afrikaans en die reëls wat die onderbou van die taal vorm. Die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) het hierdie behoefte raakgesien en onlangs ’n Afrikaanse taalkundepyplyn bekend gestel wat nie net ’n eerste vir Afrikaans is nie, maar ook uniek is in die…