Afrikaans.com se veldtog wys Afrikaans laat hom nie stuit nie!
Afrikaans.com se nuutste veldtog en TV-advertensie is net weereens ’n bewys dat Afrikaanssprekendes ’n woord of uitdrukking vir elke situasie het – en bestaan daar nie ’n woord nie, dan skep hulle een! Boonop sit hulle ’n lag by die traan en is die nuutskeppings gewoonlik met humor deurspek, want as die lewe druk, druk…