Matriektoppresteerders
Anna-Mart Louw, ʼn matrikulant van die Hoër Meisieskool Bloemhof in Stellenbosch het vanjaar die tweede plek behaal in die Nasionale Seniorsertifikaat eksamen met ʼn gemiddeld van 98%. Sy het onderskeidings in Afrikaans huistaal, Engels huistaal, Duits tweede addisionele taal, fisiese wetenskappe, ingenieursgrafika en ontwerp, lewensoriëntering en lewenswetenskappe behaal. Anna-Mart was lid van die verteenwoordigende studenteraad…