Beverley Primer muurkuns

“Afrikaans is ons almal se taal!” sê Beverley Park Primêr in Eersterivier.

Skrywer: René Arendse Die kleurvolle Afrikaans.com-muurkuns verwelkom nie net elke leerder, onderwyser en besoeker by Beverley Park Primêr nie, maar elkeen binne die gemeenskap wat verbyloop word gegroet deur die muur van hoop en inspirasie. Die boodskap is baie duidelik… dat ons elkeen enigiets kan bereik deur Afrikaans. “Waar anders kry jy so ‘n lekker taal…

Valsbaai muurprojek

Valsbaai Primêr staan sterk as ‘n baken van hoop en inspirasie!

Skrywer: René Arendse “Wanneer jy deur Valsbaai Primêr se hekke stap, ervaar jy onmiddellik ‘n energie van passie, hoop en ‘n gevoel van tuis wees. ’n Energie wat nou aangevul word deur die kleurvolle Afrikaans.com-muurkuns wat die boodskap van inspirasie nog verder versterk. Hier is dit duidelik dat hierdie gemeenskap ondanks hulle omstandighede uitstyg ……

Cloetesville - muurkunsprojek

By Laerskool Cloetesville het drome vlerke …

“Die skoolgemeenskap van Laerskool Cloetesville spog met ‘n permanente herinnering dat alles moontlik is deur hul moedertaal, Afrikaans.” – René Arendse, Afrikaans.com Op Vrydag, 16 Oktober 2020, tydens die onthulling van die Afrikaans.com-muurkuns by Laerskool Cloetesville, kon die gemeenskap van Cloetesville die leerders van ver af hoor sing. “Drome het vlerke. Ek sien my naam in…

Hawston Primêr Muurprojek

Hawston Primêr

Hawston word met ‘n pragtige muurkuns en teateruitreik betower!  Vir die gemeenskap van die vissersdorp Hawston en veral die leerders van die Overstrand-omgewing sal hierdie Afrikaanse muur vir altyd ‘n herinnering bly van ‘n betowerende Kunstekaapvertoning en die boodskap van Afrikaans.com dat hulle groot kan droom en tot enigiets in staat is. “Hier in Hawston…

Langenberg Sekondêr Muurprojek

Langeberg Sekondêr en Laerskool Dagbreek

Langeberg Sekondêr se leerders styg uit! “Langeberg Sekondêr … julle is ONBEWEEGLIK!” – Pasella-aanbieder en rymkletser, Oxijin Met ‘n volgepakte skoolsaal van meer as 1 700 leerders, personeel en gaste het Afrikaans.com die voorreg gehad om op 17 Mei 2019 ‘n muuronthullingsgeleentheid mee te maak wat nog vir baie lank by Langeberg Sekondêr onthou sal word.…

Petite Preprimêr en Laerskool Pniël Muurprojek

Hoërskool Kylemore, Petite Preprimêr en Laerskool Pniël

Hoërskool Kylemore – ’n plek van hoop en inspirasie … #droomgroot Vir Hoërskool Kylemore sal Internasionale Moedertaaldag in die toekoms meer as net ’n herinnering wees aan die liefde vir hulle moedertaal. Dié skool in Kylemore in die Wes-Kaap spog nou met ’n pragtige Afrikaans.com-muurkunswerk. Hierdie kleurvolle muurkunswerk is op 22 Februarie 2019 onthul en het saamgeval met ’n huldeblyk aan Adam Small se…

Hoërskool George Muurprojek

Hoërskool George staan breëbors Afrikaans!

‘Droom groot in Afrikaans’ sê hierdie groep leerders van Hoërskool George, voor hul pragtige Afrikaans.com-muurskildery. Heel voor is René Arendse, gemeenskapskoördineerder van Afrikaans.com, en agter (derde van links) is Danie van Wyk, Wes-Kaapse bestuurder van FEDSAS. Heel regs is die skoolhoof van Hoërskool George, Morton van Rooyen. Hoërskool George staan breëbors Afrikaans! Hoërskool George het op 18…