Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole
Skrywer: Annelie van Jaarsveldt Die ervare Afrikaansonderwyser en dramakenner, Tanya Viviers, het hierdie bundel met elf splinternuwe dramas saamgestel. Tieners en hulle smagting na aanvaarding binne die samelewing, vorm die goue draad deur die bundel. “Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul medemens gesien wil word. Fanie Viljoen…










