Stilbaai Boekefees

Skrywer: Alita Steenkamp ’n Opwindende naweek vir boekliefhebbers vind eerskomende naweek (23 – 25 Februarie) in die kusdorp Stilbaai plaas met die derde Stilbaai Boekefees wat mense van wyd en syd gaan lok. Die organiseerder van die fees, Elna van der Merwe, sê die fees het nou die eerste venue, die Baptiste Kerksaal in Stilbaai-Oos,…

Woordeboek

Die nuwe Senior tweetalige skoolwoordeboek – ’n moet vir leerders.

Skrywer: Alita Steenkamp “’n Alles-in-een-naslaanbron” – so beskryf Joan Hambidge die nuwe Senior tweetalige skoolwoordeboek wat by Pharos verskyn het in haar resensie op Netwerk 24. Die woordeboek het meer as 50 000 trefwoorde, uitdrukkings, frases, idiome en spreekwoorde. Hier sal jy ook homonieme, homofone, antonieme, sinonieme, intensiewe vorme, vaste uitdrukkings, samestellings en afleidings vind. Die…

Kirby van der Merwe skryf twee kykNET-Rapport-boekpryse los

PERSVERKLARING 22 September 2023 Die skrywer, vertaler, visuele kunstenaar en joernalis Kirby van der Merwe het twee kykNET-Rapport-boekpryse losgeskryf met sy lang verwagte tweede roman, Eugene. Van der Merwe is Saterdagaand 23 September 2023 op ’n funksie by die Mount Nelson-hotel in Kaapstad aangewys as vanjaar se wenner van sowel die kykNET-Rapportprys vir fiksie as…

ATKV-Woordveertjies

ATKV-Woordveertjies vier kreatiwiteit

Skrywer: Persverklaring Dit is weer daardie tyd van die jaar – die ATKV vier skrywers, digters en dramaturge se uitsonderlike pennevrugte, toewyding en kreatiwiteit. Die ATKV-Woordveertjies bekroon jaarliks uitsonderlike prestasies rondom die Afrikaanse woord. Die ATKV-Kinderboektoekennings word jaarliks aangebied om die gewildste Afrikaanse kinderboeke wat gedurende die voorafgaande kalenderjaar verskyn het, te bekroon. Die beoordelaars…