Jo Black: Lara Erasmus
Lara Erasmus, Afrikaans.com se assistent-projekbestuurder en inhoudsredakteur gesels met Jo Black oor Afrikaans.com se vele projekte en praat oor die dinge wat haar trots maak om Afrikaans te wees.
Lara Erasmus, Afrikaans.com se assistent-projekbestuurder en inhoudsredakteur gesels met Jo Black oor Afrikaans.com se vele projekte en praat oor die dinge wat haar trots maak om Afrikaans te wees.
In hierdie onderhoud op Minki gesels Milanie Vosloo, projekbestuurder by Afrikaans.com oor die belangrikheid van die taal en gee ‘n oorsig oor Afrikaans.com se wye aanbod.
In hierdie #Afrikaansaanlyn-gesprek gesels René Arendse met Florance Vermeulen, ’n onderwyser van Bishop Lavis wat onlangs benoem is as ’n finalis vir Solidaritet se Onderwyser van die jaar-kompetisie. Florance se onderwysloopbaan het in 2018 begin en hy werk tans by Lückhoff Sekondêr in Idasvallei, Stellenbosch waar hy spesialiseer in besigheidstudies en ekonomiese bestuurswetenskappe. Florance se…
In hierdie episode van #afrikaansaanlyn, gesels René Arendse met Diana Ferrus, skrywer, digter en ystervrou wat deur haar skryfwerk en digkuns lewens aanraak. Ons praat oor haar doktorsgraad, haar skryfwerk en haar boodskap aan vroue hierdie maand. #afrikaansaanlyn – René Arendse gesels met Diana Ferrus
Ingrid Jones het geen bekendstelling nodig nie. As stigter en direkteur van Mikateko Media en televisie-aanbieder op die kykNet-program Tussen ons, asook motiveringspreker het Ingrid al diep spore getrap en menige lewens aangeraak. In hierdie onderhoud gesels René Arendse met haar oor haar pad na sukses en vind sy uit wat haar boodskap aan vroue vandag is.
Chané Grobler is een van Suid-Afrika en Afrika se grootste TikTok-sterre. Met meer as 2.4 miljoen volgers, het dié plat-op-die-aarde-20-jarige uit Pretoria dit reggekry om te doen waaroor baie mense net kan droom: om ‘n voltydse handelsmerk en besigheid op die been te bring as sosialemediabeїnvloeder (social media influencer). Maar, dit het nie sommer so…
Skrywer: Nicolette van Schalkwyk Dit is weer daardie tyd van die jaar waar Suid-Afrikaners vasgenael op die punte van hul rusbanke sit om van ons land se mees hubare boere se soeke na liefde te volg. Die immergewilde reeks Boer Soek ’n Vrou skop op 21 Januarie 2021 af en beloof weereens om kykgenot uit…
Foto: Burger Meyer Skrywer: Alita Steenkamp Hy het in ʼn huis vol boeke grootgeword, vertel Beer Adriaanse, en hy onthou hoe sy ma hom en sy twee broers gereeld na die dorp se biblioteek geneem het om ure daar deur te bring. Vandag is woorde, en die skryf van tekste en draaiboeke, ʼn onlosmaaklike deel…
In 2014 het Rolene Strauss se lewe onherroeplik op die Mejuffrou Wêreld-verhoog verander. Met die afsluiting van dié kompetisie, was dit duidelik dat veel meer as skoonheid binne haar borrel. Nou, ses jaar later, as mamma, besigheidsvrou, spreker en skrywer, is Rolene meer as ooit die baken van hoop wat sy as 21-jarige beloof het…
Met die woorde “Poeksie Woeksie se Worsie Wapsie” en die komieklike maniertjies van sy geliefde karakter Ouboet, het Frank Opperman reeds 30 jaar gelede die harte van talle Suid-Afrikaners gesteel. Dit is dan ook geen verrassing dat hy onlangs tydens ’n spesiale geleentheid in Pretoria deur die FAK vereer is met die Prestige-toekenning vir uitnemende…