Is jy ʼn jong skrywer van televisietekste? Dan is hierdie geleentheid vir jou bedoel!

Mediaverklaring Die Jakes Gerwel Stigting (JGS), in samewerking met die M-Net Kanale, is opgewonde om ʼn splinternuwe mentorskapprogram vir vyf ontluikende draaiboekskrywers te kan aankondig. Die mentorskap sluit ʼn intensiewe program in vir die skryf van televisieteks vanaf 18 tot 30 September 2023 by die Stigting se skrywershuis in die Oos-Kaap en ʼn internskap by…

NATi Jong Sterre-program vir opkomende toneelskrywers

Mediaverklaring: Jakes Gerwel Stigting Die Jakes Gerwel Stigting, in medewerking met NATi, die Suidoosterfees en Kunstekaap, nooi toneelskrywers uit om aansoek te doen vir die vyfde jaarlikse Jong Sterre-program. In die woorde van die produksie-mentor, Rafiek Mammon, hierdie program is “’n 100%- belegging in aspirant-toneelskrywers se toekoms, vanaf bladsy na daar’s hy en verder!” Hierdie…

Kanna

Kanna-toekennings

Die Kanna-toekennings, wat jaarliks kreatiewe uitnemendheid by die Klein-Karoo Nasionale Kunstefees beloon, het op Vrydagaand 5 Mei op die wynlandgoed Leopard’s Leap naby Franschhoek plaasgevind. Die nimlike Lyntjie Jaars was die aanbieder van die geleentheid waartydens dertien toekennings oorhandig is. Die plekspesifieke toneelstuk Mirre en Aalwyn van Nicola Hanekom, het vanjaar uitgeblink en drie Kannas…

Herman Lategan

Herman Lategan se Hoerkind binnekort op die planke

Die bekroonde skrywerjoernalis Herman Lategan uit wie se pen boeke soos Opstokers, fopdossers en tweegatjakkelse en Binnekring van Spookasems verskyn het, se aangrypende en meesleurende memoires, Hoerkind, is binnekort op die planke. In hierdie lewenvershaal vertel Herman van sy grootwordjare wat vol swaarkry was, maar ook opwindende hoogtepunte ingehou het. Sy pad is vol dongas…

Fiesta 2023

Fiësta-wenners

Die wenners van vanjaar se Fiësta-toekennings is op Donderdagaand 9 Maart by ’n intieme funksie by The Lookout in Kaapstad se Waterfront aangekondig. Die Fiëstas vereer hoofsaaklik verhoogproduksies wat op kunstefeeste reg oor die land gedebuteer het. Vanjaar was die 13e keer dat hierdie geleentheid plaasgevind het. Suidooster  se Kaashifa, Jawaahier Petersen en Fraksie se…