Wielie Walie en Liewe Heksie ontvang spesiale lof van die FAK

Skrywer: Alita Steenkamp ʼn Hele geslag Afrikaanssprekendes het met Liewe Heksie en Wielie Walie grootgeword. Wielie Walie was die gewilde televisieprogram, aangebied deur Magda van Biljon, wat kleingoed voor die televisie vasgenael gehou het. Liewe Heksie het geen bekendstelling nodig nie en verhoogweergawes van haar avonture is steeds deel van die sosiale kalender. Die FAK…

Die Proscenium Dramakompetisie

Mediavrystelling Die Proscenium Dramakompetisie is ’n splinternuwe inisiatief van die Tribuo Fonds, wat die doelwit nastreef om bemagtigting in die kunste te bevorder. Dr Leslie van Rooi, ’n direkteur van Tribuo, verduidelik: “Die Fonds is tydens die Covid-19-pandemie gebore uit die behoefte om noodbystand te verleen aan werkers in die vermaaklikheidsbedryf. Noudat die pandemie-krisis grootliks…

Silwerskermfeeste

Uitmuntendheid is beloon by die jaarlikse Silwerskermfees

Die jaarlikse Silwerskermfees is ʼn wonderlike geleentheid waartydens belowende rolprentmakers, oud en jonk, en draaiboekskrywers die geleentheid kry om hulle werk ten toon te stel. Sedert die eerste Silwerskermfees het die Afrikaanse rolprentbedryf behoorlik gebloei. Vanaf Woensdag 23 Augustus tot Saterdag 26 Augustus het almal geïnteresseerd in die Afrikaanse rolprentbedryf in Kampsbaai bymekaar gekom vir…

Donkies huppel oor Kaapstadse Filharmoniese Orkes se konsert op Robertson.

Persverklaring: LK MEDIABOOK Groot opgewondenheid bou in die Breërivier-vallei op vir ‘n seldsame musiekgebeurtenis. Vir die eerste maal ooit tree die gewilde Kaapstadse Filharmoniese Orkes in Robertson op, by die Oos-Kerk op Sondag 8 Oktober, 15:00.   Om dié dag nog dieper betekenis te gee word die sprankelende musiekprogram ten bate van Eseltjiesrus Donkey Sanctuary…

SAFTA-toekennings – stem vir jou gunstelingsepie of -telenovela

Vanjaar se nominasies vir die Suid-Afrikaanse Film- en televisietoekennings, is op Dinsdag 8 Augustus aangekondig. Hierdie toekennings beloon plaaslike flieks, televisiereekse, akteurs, aanbieders en diegene aan die tegniese kant. Dit word deur die Nasionale Rolprent-en-videostigting aangebied. Vanjaar se SAFTA-toekennings vind oor twee aande op 29 en 30 September plaas met die tema: “Our stories flow…

NATi

Suidoosterfees Persverklaring: Vyf jong skrywers gekeur vir NATi Jong Sterre

Persverklaring Vyf aspirant-dramaturge is gekeur om deel te neem aan NATi Jong Sterre, die ontwikkelingsprojek wat jaarliks deur Suidoosterfees, die Jakes Gerwel Stigting, Artscape en die Afrikaanse Nasionale Teaterinisiatief (NATi) aangebied word. Dié jong stemme deurloop ’n uitgebreide opleidingsprogram waartydens hulle skryfwerk ontwikkel en afgerond word. Die verhoogtekste word dan omskep in professionele produksies wat…