Entries by Verona Coetzer

KKNK 2017 – Die eerste Afrikaanse hip-hop-musiekblyspel

Amper Famous, ’n produksie deur David Kramer en ondersteun deur die Nasionale Afrikaanse Teaterinisiatief (NATi) het gehore by vanjaar se KKNK laat regop sit. Met Vito Heyn (V.I.T.O) in die hoofrol en medespelers, Rushney Ferguson en Anray Amansure wat skitter met hul vertolkings word die belangrike rol van feeste as ‘n uitstekende platform vir jong kunstenaars om hul tande te slyp en hul stemme te vind, onderstreep.