Vanjaar se ATKV-Woordveertjiewenners

Die ATKV-Woordveertjies bekroon jaarliks uitsonderlike prestasie rondom die Afrikaanse woord. Die wenners is vanjaar op 13, 14, 15 en 16 September digitaal aangekondig. Hier is ʼn lys van die wenners. Baie geluk aan iedereen wat vanjaar met een van hierdie spesiale toekennings bekroon is. Woordveertjie vir Spanningslektuur: Rudi van Rensburg –  Hartedief (Queillerie) Woodveertjie vir…

Fraksie

Fraksie

Maak seker dat jy Dinsdagaand 13 September om 20:00 voor die televisie inskuif vir die afskop van ’n heerlike nuwe dramareeks op kykNET (DStv-kanaal 144). Fraksie is ʼn drama wat geskryf is deur die gedugte skryfspan Louis Pretorius en Albert Snyman wat ook trefferreekse soos Die Boekklub, Fynskrif en Troukoors geskryf het. Fraksie beloof om…

Koeksisters

Dis Koeksisterdag! Gevleg of gedraai, in klapper gerol of daarsonder … hierdie is ’n soetigheid wat al menige dieet gekelder het.

Skrywer: Annelie van Jaarsveldt Op 6 September vier ons Koeksisterdag en of jy nou praat van koeksister, koesister of dalk koeisister – dalk bolle of krullers – dié soete verleiding is nog altyd gewild op die soetgebaklys en is vervleg in die Suid-Afrikaanse kultuur. Trouens, hoeveel kerke en skoolsale is nie deur die jare deur…