Silwerskermfeeste

Uitmuntendheid is beloon by die jaarlikse Silwerskermfees

Die jaarlikse Silwerskermfees is ʼn wonderlike geleentheid waartydens belowende rolprentmakers, oud en jonk, en draaiboekskrywers die geleentheid kry om hulle werk ten toon te stel. Sedert die eerste Silwerskermfees het die Afrikaanse rolprentbedryf behoorlik gebloei. Vanaf Woensdag 23 Augustus tot Saterdag 26 Augustus het almal geïnteresseerd in die Afrikaanse rolprentbedryf in Kampsbaai bymekaar gekom vir…

Donkies huppel oor Kaapstadse Filharmoniese Orkes se konsert op Robertson.

Persverklaring: LK MEDIABOOK Groot opgewondenheid bou in die Breërivier-vallei op vir ‘n seldsame musiekgebeurtenis. Vir die eerste maal ooit tree die gewilde Kaapstadse Filharmoniese Orkes in Robertson op, by die Oos-Kerk op Sondag 8 Oktober, 15:00.   Om dié dag nog dieper betekenis te gee word die sprankelende musiekprogram ten bate van Eseltjiesrus Donkey Sanctuary…

Entrepreneurskap: die vonk wat nodig is vir ʼn vuisvoos ekonomie

Artikel verskaf deur Akademia Entrepreneurskap is lank nie meer net ʼn gonswoord wat deur ekonome en toekomsbeplanners gebruik word as ʼn moontlike antwoord op Suid-Afrika se ekonomiese probleme nie. Vandag is entrepreneurskap, en die potensiaal wat daaraan gekoppel word, ʼn dinamiese dryfveer van die land se ontwikkelende ekonomie. Méér nog, die sukses wat entrepreneurs ervaar…

Akademia

Afrikaans en die rol van die GRA: ʼn Taalreis vanaf minderwaardigheid tot volwassenheid

Skrywer: prof. Danie Goosen, uitvoerende hoof: Akademie by Akademia   Afrikaanssprekendes het verskeie redes om in Augustusmaand die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) op 14 Augustus 1875 te vier. Vanweë die invloed wat die GRA uitgeoefen het, het Afrikaans sy eerste tree gegee om uiteindelik ʼn volwasse taal te word – ʼn…

Afriforum

Híér is die wenners van vanjaar se Besigheidsbytjies- en Juniorpreneurskompetisie

Mediaverklaring: AfriForum 10 Julie 2023 Die burgerregteorganisasie AfriForum se Besigheidsbytjiesspan het op 10 Julie vanjaar se wenners van die Besigheidbytjies- en Juniorpreneurskompetisie aangekondig. Die kompetisie bestaan uit twee kategorieë vir onder meer laerskoolleerders (Hommelbytjies-kategorie) en hoërskoolleerders (Juniorpreneurs-kategorie). Baie geluk aan die volgende wenners: Kategorie 1 (grondslagfase) Wenner: Immeke Nel van Gqeberha (Immie’s Gifts). Hierdie graad…

NATi

Suidoosterfees Persverklaring: Vyf jong skrywers gekeur vir NATi Jong Sterre

Persverklaring Vyf aspirant-dramaturge is gekeur om deel te neem aan NATi Jong Sterre, die ontwikkelingsprojek wat jaarliks deur Suidoosterfees, die Jakes Gerwel Stigting, Artscape en die Afrikaanse Nasionale Teaterinisiatief (NATi) aangebied word. Dié jong stemme deurloop ’n uitgebreide opleidingsprogram waartydens hulle skryfwerk ontwikkel en afgerond word. Die verhoogtekste word dan omskep in professionele produksies wat…