Akademia

Afrikaans en die rol van die GRA: ʼn Taalreis vanaf minderwaardigheid tot volwassenheid

Skrywer: prof. Danie Goosen, uitvoerende hoof: Akademie by Akademia   Afrikaanssprekendes het verskeie redes om in Augustusmaand die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) op 14 Augustus 1875 te vier. Vanweë die invloed wat die GRA uitgeoefen het, het Afrikaans sy eerste tree gegee om uiteindelik ʼn volwasse taal te word – ʼn…

Afriforum

Híér is die wenners van vanjaar se Besigheidsbytjies- en Juniorpreneurskompetisie

Mediaverklaring: AfriForum 10 Julie 2023 Die burgerregteorganisasie AfriForum se Besigheidsbytjiesspan het op 10 Julie vanjaar se wenners van die Besigheidbytjies- en Juniorpreneurskompetisie aangekondig. Die kompetisie bestaan uit twee kategorieë vir onder meer laerskoolleerders (Hommelbytjies-kategorie) en hoërskoolleerders (Juniorpreneurs-kategorie). Baie geluk aan die volgende wenners: Kategorie 1 (grondslagfase) Wenner: Immeke Nel van Gqeberha (Immie’s Gifts). Hierdie graad…

NATi

Suidoosterfees Persverklaring: Vyf jong skrywers gekeur vir NATi Jong Sterre

Persverklaring Vyf aspirant-dramaturge is gekeur om deel te neem aan NATi Jong Sterre, die ontwikkelingsprojek wat jaarliks deur Suidoosterfees, die Jakes Gerwel Stigting, Artscape en die Afrikaanse Nasionale Teaterinisiatief (NATi) aangebied word. Dié jong stemme deurloop ’n uitgebreide opleidingsprogram waartydens hulle skryfwerk ontwikkel en afgerond word. Die verhoogtekste word dan omskep in professionele produksies wat…

Hoofdesimposium

Die Afrikaanse Onderwysnetwerk se hoofdesimposium sorg vir inspirasie en hoop.

Skrywer: Annelie van Jaarsveldt Die Afrikaanse Onderwysnetwerk (AON) se hoofdesimposium is onlangs by Middelvlei Wynplaas in Stellenbosch gehou.  Negentien skole is verteenwoordig en ongeveer 70 skoolhoofde, onderwysers en ander belanghebbendes het die simposium bygewoon. Verskillende temas is tydens die geleentheid bespreek en die kundige sprekers het nie teleurgestel nie. Dit was ook die ideale geleentheid…

Taalbeleid

Konferensie oor taalbeleid in onderwys. Wat hou dit in vir ons ouers, onderwysers en leerders?

Daar is hernude hoop vir moedertaalonderrig en die belangrikheid daarvan toe die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, onlangs tydens die departement se konferensie oor taalbeleid bevestig het dat leerders die beste leer in hulle moedertaal.  Die konferensie het spesifiek gefokus op die uitbreiding van moedertaalonderrig tot graad 6, met die primêre doel om veeltaligheid…

Moedertaalonderrig

Minister bevestig dat moedertaalonderrig leer die beste bevorder

“Engels en Afrikaans dien al lank as mediums van onderrig, maar ons erken die belangrikheid daarvan om Afrikatale as leer- en onderrigtale te inkorporeer.” Angie Motshekga, minister van basiese onderwys (Netwerk24) ’n Deurbraak vir moedertaalonderrig en die belangrikheid daarvan, is tydens die departement van basiese onderrig se konferensie oor taalbeleid gemaak toe die minister, Angie…