Niamh Beatrix

Goeie nuus! Niamh Beatrix is deur na die finaal van die Junior Eurovision Ierland op 8 Oktober!

Skrywer: Annelie van Jaarsveldt As Niamh tussen nou en die eindronde op 8 Oktober as die algehele wenner aangewys word, sal sy Ierland in Frankryk verteenwoordig, wat haar ook die eerste Suid-Afrikaans-Ierse sangeres maak wat aan hierdie gesogte Europese byeenkoms deelneem. Die 12-jarige Suid-Afrikaner, Niamh Beatrix, wat in Ierland woon, maak geskiedenis op meer as…

Internasionale Vertalersdag: Vertaling ontsluier die vele gesigte van menswees

Skrywer: Sarita Blignaut, taalpraktisyn by Akademia. Internasionale Vertalersdag word op 30 September gevier. Vanjaar se tema, soos toegedig deur die Federasie van Vertalers (FIT) is: “Vertaling ontsluier die vele gesigte van menswees” en dien as’t ware as ʼn viering van gemeenskap en verbondenheid. Vertalers openbaar ʼn wêreld van menslike ervarings aan ʼn legio ontvangers. Die…

Kirby van der Merwe skryf twee kykNET-Rapport-boekpryse los

PERSVERKLARING 22 September 2023 Die skrywer, vertaler, visuele kunstenaar en joernalis Kirby van der Merwe het twee kykNET-Rapport-boekpryse losgeskryf met sy lang verwagte tweede roman, Eugene. Van der Merwe is Saterdagaand 23 September 2023 op ’n funksie by die Mount Nelson-hotel in Kaapstad aangewys as vanjaar se wenner van sowel die kykNET-Rapportprys vir fiksie as…