Silwerskermfees

Dié films van die Silwerskermfees eersdaags op kykNET te sien

Persverklaring Kyk gerus saam! Die laaste springmieliekrummels is skaars opgevee ná die 2025 Silwerskermfees, maar kykNET-kykers kan hulle reeds regmaak om die kortfilms te sien wat vanjaar by die fees debuteer het. Die kortfilms, wat drama, komedie en dokumentêre insluit, begin reeds op Sondagaand 31 Augustus om 20:00 met drie dokumentêre. Vet vannie land is…

Hoe beleef ons taal?

Skrywer: Seugnet van Zyl Foto: ‘n Paneel van vroue en die gehoor luister Saterdag (16 Augustus 2025) na dr. Jolyn Phillips by taalgesprek, Hoe beleef ons taal?, by die Historium-konferensiesentrum in die Paarl. Interaktiewe taalgesprek Ter viering van Taaldag en -maand het vyf uiteenlopende en formidabele vroue die onderwerp, “Hoe beleef ons taal”, die afgelope…

woordmeester

ʼn Feestelike moedertaalviering

Persverklaring   Afrikaanse woordmeesters aangekondig: ʼn Feestelike moedertaalviering Die datum 14 Augustus verteenwoordig voorwaar ʼn rooiletterdag op die gebeurlikheidskalender van die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe – méér nog gedurende die eeufeesjaar van Afrikaans. Akademia, as ʼn trots onafhanklike hoëronderwysinstelling, vier vanjaar met gróót opgewondenheid sy moedertaalverbondenheid deur op Afrikaanse Taaldag die eerste vernuftige woordmeesters in…

Mondvol koekies

Meer as ’n mondvol

Skrywer: Seugnet van Zyl Mondvol-koekies steel harte Andriëtte Georgiou is die skepper en eienaar van die Kaap-gebaseerde koekie-onderneming, Mondvol. Haar reusekoekies het sedert 2023 dié voormalige musikant, geleentheidsbestuurder en MasterChef-naaswenner se loopbaan én lewe onherroeplik verander. Andriëtte is die ma van Annabelle en haar baba word in Oktober vanjaar gebore. Haar man, Andrew, is ook…

FAK

FAK vereer Afrikaanse baanbrekers

Persverklaring Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) het as deel van sy weeklange 150-jarige viering van die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) op 12 Augustus sewe uitstaande taal- en kultuurpioniers tydens ’n Prestige-oggendtee in die FAK-Liedjietuin by die Voortrekkermonument vereer. Hierdie besonderse geleentheid gee erkenning aan individue wat hul lewe en loopbane…