Nathan Trantraal oor sy vertaling van Lang Pad Onnetoe (video)

Nathan Trantraal oor sy vertaling van Lang Pad Onnetoe (video)

Nathan Trantraal se aangrypende vertaling van Jason Reynolds se vuishou-in-die-maag-jeugroman oor die stedelike straatkultuur van geweld, dwelms, bendes en wraak sal ‘jong’ én ‘ou’ volwassenes – eintlik enigiemand wat kraakvars letterkunde kan waardeer – verbyster …” – Marita van der Vyver Lang pad onnetoe deur Jason Reynolds, vertaal deur Nathan Trantraal. Uitgewer: Lapa. Prys: R180. Hierdie…

1000 Nuttige Woorde

1000 nuttige woorde:

’n Kleurvolle woordeboek vol pret ’n Woordeboek soos die is net die ding om jou kind se taal- en geletterdheidsvaardighede te ontwikkel en verbeter. Die boek, 1000 nuttige woorde,  is nommerpas vir kinders wat nog nie lees nie, beginnerlesers en almal wat Afrikaans wil leer. Onderwerpe wissel van wilde diere, beroepe tot plaaslewe en kleure, vorms…

Die Nuwe Afrikaanse Makrogids:

Die Nuwe Afrikaanse Makrogids:

’n Naslaangids vir elke huis … in Afrikaans. Afrikaans.com beveel graag Isabel Uys se hulpgids, Die Nuwe Afrikaanse Makrogids, aan – sekerlik een van die nuttigste leergidse ooit. Die eerste uitgawe van die topverkoper het reeds in 1998 verskyn, maar nou is die boek bygewerk en boonop in e-boekformaat beskikbaar. Wat kry jy in die omvattende bron? Dit is nie ’n…

Wat is Wênkbrou?

Wat is Wênkbrou?

Johan Jack Smith Izak de Vries Wênkbrou is LAPA Uitgewers se splinternuwe druknaam vir ‘aweregse stories’ en stories wat nie in ’n boks gedruk wil wees nie. Johan Jack Smith (redakteur van die ATKV se Taalgenoot) en Izak de Vries (Lapa) is die twee wat wil seker maak dat goeie stories, wat dikwels deur die krake val “oor die verkeerde redes”, die…