Wys my jou lyfie, liefie

In die fliek Somer Son (2015) was Reinard Slabbert en Juanita Velts ‘n getroude paartjie wat Mosambiek toe swenk om weer hitte aan hul huweliksvuurtjie te gee – met prettige gevolge. Nou prikkel hulle weer as paartjie die lagspiere in ‘n nuwe advertensie vir ‘n verslankingsmiddel.

In die advertensie sukkel die lughawe-sekuriteit met Reinard omdat hy glad nie lyk soos op sy paspoortfoto nie en moet hy hulle oortuig dat dit wel hy is. Kyk die advertensie (Engels) hier:

Bron: Maroela Media