WEN met die Afrikaanse Wiki

Afrikaans.com moedig jou graag aan om deel te neem aan Maroela Media se Afrikaanse Wikipedia-aksie wat jou aanmoedig om jou kennis te deel … in Afrikaans. Daar is boonop lekker pryse vir onderwysers en nagraadse studente wat kans sien vir ’n uitdaging. Die projek word moontlik gemaak deur die Trust vir Afrikaanse Onderwys en word deur Maroela Media in samewerking met SOS bestuur.

Hoe word ek deel van die Wikipedia-span?

Jy kan deel word van die Afrikaanse Wikipedia-span met drie opsies om van te kies. Jy kan ’n nuwe artikel skep, jy kan ’n artikel vertaal of jy kan ’n artikel met nog bronne bywerk. Dit is maklik om te registreer. Klik hier.

WEN

Nagraadse student, WEN ’n jaar se klasgeld

Jy het tyd tot 31 Maart 2019 om soveel moontlik Wikipedia-artikels te laai. Jy kan ’n jaar se klasgeld losslaan en het ’n kans om as die Wiki-Meester gekroon te word!

Hierdie video wys jou hoe om te werk te gaan om ’n Wikipedia-artikel te publiseer.

Word gekroon as die Wiki-onnie van die jaar!

Help bou aan ’n nalatenskap in Afrikaans. Maroela Media moedig onderwysers aan om soveel moontlik Wiki-artikels te laai. Jy het tyd tot 31 Maart 2019 en die wenner kan een maand se salaris verdubbel en boonop as die Wiki-onderwyser van die jaar gekroon word.

Hierdie video wys jou hoe maklik dit is.

ONTHOU om in te skryf

Voltooi die vorm indien jy vir die prysgeld in aanmerking wil kom.

Vorm vir nagraadse studente

Vorm vir onderwysers