fbpx

Weg! se nuwe kaartspel op die rak.

En dis Afrikaans!

Weg! se ’n nuwe Tjirpie-kaartspeletjie is vanaf 14 Oktober op die rak. Die speletjie werk soos Top Trumps, maar met ’n kinkel of twee. Daar is 52 speelkaarte in die pak van Suid-Afrika se skaars en kwesbare voëls, plus ’n paar joker-kaarte om dinge interessant te hou.  Die voëls ding mee met mekaar op grond van hulle verspreiding, hoogte, gewig, bewaringstatus en getalle. Kyk wie kan eerste al die kaarte of vier trofeekaarte versamel.

Kyk op die tydskrifrak in groot winkels of bestel jou Afrikaanse kaartspel teen R100 per pak by Weg! se aanlyn winkel.

Klik hier om jou kaarte te koop.

064 652 6873

JOU Afrikaans tel oral en altyd. Vertel ons met die hutsmerk #jouafrikaanstel waar, wanneer of waarom jou Afrikaans tel. Met ons nuutste veldtog bevestig ons dat jy nooit jou taal hoef prys te gee nie, dat Afrikaans oor globale grense strek en dat ons die verskeidenheid in Afrikaans vier. Kyk hier na die veldtog-video’s en neem deel. Onthou om jou naam, van en van watter geweste jy is, by te voeg.