Video van die week:

Al die pad uit die Oekraȉne in Afrikaans …

Mari-Alena Potgieter is ’n spitsvondige tiener wat op ’n klein Oekraȉniese dorpie genaamd Reni, woon. Haar ouers doen sendingwerk hier en sy en haar vier broers praat vlot Russies. Via-TV het ’n jaar of wat gelede Afrikaanse vloggers genooi om video’s in te stuur. Wat Mari-Alena so besonders maak is dat sy haar moedertaal hier in die verre laat skitter deur haar Afrikaanse vlogs.  Sy leer ander tieniers basiese Afrikaans.

Jy kan nog van haar vlogs hier kyk.