fbpx

Topmatriek … in my moedertaal!

Afrikaans.com Topmatriek 2020

Madelein Dippenaar wat aangewys is as die land se topmatriek, ontvang haar sertifikaat van dr. Regina Mahaule en Angie Motshekga, minister van onderwys. Foto: Karen Sandison (African News Agency)

Prestasie …

Madelein Dippenaar (18) van Paarl Gimnasium in die Wes-Kaap het Afrikaans en Engels huistaal geneem saam met wiskunde, lewensoriëntering, lewenswetenskappe, fisiese wetenskappe en ingenieursgrafika en -ontwerp. Sy het ook visuele kunste en Duits as bykomende vakke geneem en het in totaal met nege vakke gespog.

Madelein het nege onderskeidings behaal en het vir al haar vakke bo 90% gekry. Sy het 99% vir Engels en 98% vir fisiese wetenskappe, ingenieursgrafika en -ontwerp en visuele kunste behaal. Die res van haar vakke lyk soos volg: 97% vir lewensoriëntering, 96% vir wiskunde, 94% vir lewenswetenskappe en 92% vir Afrikaans huistaal.

Wat het tot Madelein se sukses bygedra?

Sy het met Afrikaans.com gesels. Kyk hier …

064 652 6873

JOU Afrikaans tel oral en altyd. Vertel ons met die hutsmerk #jouafrikaanstel waar, wanneer of waarom jou Afrikaans tel. Met ons nuutste veldtog bevestig ons dat jy nooit jou taal hoef prys te gee nie, dat Afrikaans oor globale grense strek en dat ons die verskeidenheid in Afrikaans vier. Kyk hier na die veldtog-video’s en neem deel. Onthou om jou naam, van en van watter geweste jy is, by te voeg.