fbpx

Tinteltong-toekennings plaas kollig op uitnemende Afrikaanse besighede

Die Tinteltong-toekennings is elke jaar ’n hoogtepunt op die Afrikaanse kalender en vanjaar was geen uitsondering nie.

AfriVriendelik maak jaarliks van die Tinteltong-toekenningsgeleentheid gebruik om erkenning te gee aan suksesvolle besighede wat werk in en vir Afrikaans doen. Afrikaans.com was daar om te sien wie vanjaar met dié gesogte pryse weggestap het.

Afrikaans.com-Tinteltong

Tamatiestraat

Mooiste Afrikaanse naam

Die kospotte het geroep en Reinée en Deon Brand het geantwoord! Nadat Reinée na 14 jaar die korporatiewe wêreld vaarwel geroep het, het sy haar passie vir kosmaak omskep in ’n voltydse beroep. Vandag is dit agt jaar later en Deon en Reinée bedryf ’n suksesvolle kookskool en spysenieringsonderneming in Stellenbosch. In 2013 het Deon voltyds by die besigheid aangesluit. Met sy jarelange ervaring in die hotel-, restaurant- en produkontwikkelingsbedryf en sy kennis as ’n gekwalifiseerde sjef, het hy die spysenieringskant van die onderneming op die been gebring. Hierdie is beslis ’n duo om dop te hou.

Afrikaans.com-Tinteltong

Woelig

’n Produk of diens gemik op babas of kinders – in Afrikaans

Bederf jou kleinding met Woelig se hemde wat ons taal op sy mooiste uitbeeld. Deur eg Afrikaanse woorde soos “Rissiepit”, “Pikkewyn”, “Gogga”, “Ougat”, “Karnallie” en “Kattekwaad”, gee hulle erkenning aan die taal op ’n baie kreatiewe wyse. Anneke Buckle se liefde vir Afrikaans en die wyse waarop sy dit in haar besigheid geïntegreer het, het aan haar onderneming vlerke gegee.

Afrikaans.com-Tinteltong

Aitsa, (eenvoudig, stylvol)

Kreatiewe slagspreuk – in Afrikaans

Chantelle Meyer en Lizca Engels gee nuwe definisie aan die klassieke wit hemp. Met hul unieke T-hemp-ontwerpe, verklap hulle op ’n subtiele en stylvolle wyse iets van die draer se persoonlikheid terwyl hul steeds die eenvoud van dié modestuk behou. Met woorde soos “Stroopsoet”, “Kattekwaad” en “Klein bietjie wyn”, neem hulle dié eeueoue kledingstuk na nuwe hoogtes.

Afrikaans.com-Tinteltong

Kuif & Baard

Goeie diens – in Afrikaans

Een ding is seker: Elke man wat by Kuif & Baard uitstap, getuig van “die beste diens wat hulle nog ooit ontvang het”. Zoë Burger is die meesterbrein agter Kuif & Baard. Dit is egter nie jou gewone haarkapper nie. Hier word mans bederf met ’n verskeidenheid drankies terwyl daar na hul hare, baarde en kuiwe omgesien word.

Afrikaans.com-Tinteltong

Michelle se Kombuis

Smullekker kos – in Afrikaans

Wat op 10-jarige ouderdom begin het as ’n liefde vir bak, het vandag Michelle se brood en botter geword. Haar passie vir kosmaak het veral opgevlam toe hulle gesin in Frankryk gewoon het. “Hulle noem dit nie verniet ‘French Cuisine’ nie; die kos is asemrowend en ongelooflik smaakvol,” sê sy. Terwyl hulle daar gewoon het, het die gedagte by haar opgekom om haar eie trouvenue te hê. Vandag kan sy gelukkig haar passie by Imla Luxury Guest Farm as troukoördineerder uitleef.

Afrikaans.com-Tinteltong

Die Swartskaap

Maklikste e-kopie – in Afrikaans

Is jy dalk die swartskaap in jou familie? Lize van Niekerk en haar niggie het vroeg besef dat hulle hierdie titel in hul gesin deel en het dit as motivering gebruik vir die stigting van Die Swartskaap, ’n T-hemp- en leefstyl-onderneming. Sodoende voorsien hulle T-hemde en raad op hulle blog aan al die swartskape van die wêreld.

Afrikaans.com-Tinteltong

Blikit

Eg Afrikaanse produk

Hetsy jy ’n oulike geskenk soek vir ’n vriend of ’n promosie-item vir jou besigheid, BLIKIT is daar om hand by te sit. Elke geblikte geskenk word uniek verpak en ontwerp om aan die spesifieke behoeftes van jou geleentheid te voldoen.

Afrikaans.com-Tinteltong

Pretpakkie

Sosiale media wat Afrikaans praat

Nadat Lindi van Zyl die korporatiewe wêreld vaarwel toegeroep het en haar aandag op die uitbou van haar eie klerewinkel gespits het, het Pretpakkie van krag tot krag gegaan. Alhoewel Pretpakkie in Durbanville geleë is, het dit ook aanlyn voete gevind sodat die res van die land ook kan deel in die uniekheid van hul klere.

Afrikaans.com-Tinteltong

Opgedollie

Die mooiste handelsmerk – in Afrikaans

Lené Heck staan agter die stuur van Opgedollie, ’n besigheid wat daarin spesialiseer om dames vir spesiale geleenthede en fotosesssies te omtower. Van blomkrone wat per hand gemaak word, tot grimering en die neem van fotos’s – Lené doen dit alles!

Afrikaans.com-Tinteltong

Protea Boekhuis

Uitgewer wat ’n bydrae tot Afrikaans se voortbestaan lewer

Protea Boekhuis bestaan reeds vir 25 jaar en is tans die tweede grootste akademiese boekhandelgroep in die land en die grootste Afrikaanse uitgewer wat nie aan ’n mediagroep of groot organisasie behoort nie. Tans staan hulle op 15 akademiese boekwinkels regoor die land. Protea Boekhuis het tydens sy bestaan reeds talle gesogte toekennings ingepalm, onder andere die prys vir die beste akademiese boekwinkel in Suid-Afrika vir die Hatfield-tak. Hierdie tak is die grootste Afrikaanse boekwinkel in die wêreld en die grootste akademiese boekwinkel in Suid-Afrika. Protea Boekhuis spesialiseer veral in die publikasie van Afrikaanse poësie en dramas, vertalings van die beste kinderboeke ter wêreld in Afrikaans, toonaangewende niefiksie en die Suid-Afrikaanse geskiedenis.

Afrikaans.com-Tinteltong

Kwikstert

Nuweling van die jaar

Met meer as ’n dekade se ondervinding in media, ontwikkeling en ontwerp, bring Kwikstert se dinamiese span hoëgehalte webontwerp, grafiese ontwerp, web- en toepassingontwikkeling, sagtewareontwikkeling en ’n breë spektrum van ander bemarkingsdienste aan besighede regoor die land.

Kyk wie was almal daar …

Afrikaans.com-Tinteltong

Kallie Kriel, Christian en Anné van Zyl van Kwikstert, Alana Bailey en Sanderien van der Walt.

Afrikaans.com-Tinteltong

Kallie Kriel, Lené Heck van Opgedollie, Alana Bailey en Sanderien van der Walt.

Afrikaans.com-Tinteltong

Kallie Kriel, Lizca Engels en Chantelle Meyer van Aitsa, Alana Bailey en Sanderien van der Walt.

Afrikaans.com-Tinteltong

Kallie Kriel, Lodie en Michelle Britz van Michelle se Kombuis, Alana Bailey en Sanderien van der Walt.

Afrikaans.com-Tinteltong

Kallie Kriel, Marissa le Roux en Lize van Niekerk van Die Swartskaap, Alana Bailey en Sanderien van der Walt.

Afrikaans.com-Tinteltong

Kallie Kriel, Marlene Brits en Colette Schultz van Blikit, Alana Bailey en Sanderien van der Walt.

Afrikaans.com-Tinteltong

Kallie Kriel, Reinée Terreblanche-Brand en Deon Brand van Tamatiestraat, Alana Bailey en Sanderien van der Walt.

Afrikaans.com-Tinteltong

Kallie Kriel, Zoë Burger van Kuif en Baard, Alana Bailey en Sanderien van der Walt.

Afrikaans.com-Tinteltong

Kallie Kriel, Anneke Buckle van Woelig, Alana Bailey, Sanderien van der Walt

064 652 6873

JOU Afrikaans tel oral en altyd. Vertel ons met die hutsmerk #jouafrikaanstel waar, wanneer of waarom jou Afrikaans tel. Met ons nuutste veldtog bevestig ons dat jy nooit jou taal hoef prys te gee nie, dat Afrikaans oor globale grense strek en dat ons die verskeidenheid in Afrikaans vier. Kyk hier na die veldtog-video’s en neem deel. Onthou om jou naam, van en van watter geweste jy is, by te voeg.