fbpx

LitNET – “Die boekehuis met baie wonings.”

As jy lief is vir Afrikaans, graag ander se menings oor aktuele kwessies lees, belangstel in boeke en skrywers, leeskringe se doen en late, of bloot net graag jou Afrikaanse leefwêreld wil verryk, is die webtuiste LitNET die antwoord. Boonop is die webtuiste se akademiese afdeling uiters nuttig vir navorsing en leerhulp.

LitNET is ’n onafhanklike Afrikaanstalige letterkundige joernaal op die internet wat in 1999 aanlyn gegaan en in 2006 na ’n nuwe platform gemigreer het. Die bestuurskomitee bestaan uit die stigter-redakteur Etienne van Heerden, professor in die Skool vir Tale en Letterkunde aan die Universiteit van Kaapstad en Bertie du Plessis van Naspers. LitNET Akademies, ’n geakkrediteerde node vir akademiese skryfwerk in Afrikaans, is ’n maatskappy sonder winsbejag. Etienne van Heerden, Jos Floor en Martin Geldenhuys is deel van die direksie.

’n Aanbod so wyd soos die Vrystaatse vlaktes

LitNET se aanbod word opgedeel in verskillende kategorieë.

  • Akademies en Skole

LitNET Akademies is ’n onderafdeling van LitNET en  ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal  wat portuurbeoordeelde Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. Die afdeling is onderverdeel in Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Geesteswetenskappe, Godsdienswetenskappe, Opvoedkunde, Natuurwetenskappe en Regte.

KlasKamer is ’n ruimte vir almal wat belangstel in die onderrig van Afrikaans op hoërskool.  Hier is ’n verskeidenheid notas, vraestelle en toetse om af te laai. Daar is ’n handige indeks oor die nuutste beskikbare materiaal beskikbaar.

Kuberklas Kreatief is ook ’n lekker platform vir talentvolle leerders waar hulle hul gekeurde kortverhale en gedigte kan plaas.

  • Menings

Elkeen van ons het ’n mening – al deel ons dit nie noodwendig altyd nie. In dié afdeling word onderhoude geplaas oor aktuele kwessies, essays, seminare en rubrieke waar rubriekskrywers hul  sienings en gedagtes deel. Daar is ook ’n lewendige brieweblad oor alles en nog wat.

  • Boeke en skrywers

Hier lees jy alles raak ook die jongste boeke en skrywers. Jy kan kies uit resensies en onderhoude met skrywers. Lapa en NB Uitgewers se uitgewersportale maak deel uit van die aanbod met resensies oor van die jongste boeke op die rak.

Biografiese skrywersensiklopedie

Die ATKV/LitNET-skrywersalbum in samewerking met die ATKV en NALN is ’n omvattende Afrikaanse biografiese ensiklopedie. Gaan lees gerus meer oor van ons bekendste skrywers – party is reeds oorlede, maar hul skryfwerk leef voort. Afrikaans.com lig graag enkele van ons gunstelingskrywers en -digters uit, maar gaan kyk gerus – die lys is lank!

  • Skryfwerk

Daar is te kus en te keur uit oorspronklike kortverhale, gedigte, lirieke en essays. Dalk net die hupstootjie wat jy nodig het om self jou skryfwerk vir moontlike plasing voor te lê.

  • Leefstyl

Musiek, film, kuns, teater, TV, reis, feeste en nog meer – hier word jou sintuie gestimuleer en kan jy jou uitleef – wat ook al jou leefstylvoorkeur.

  • Portale

Van die aktiefste Afrikaanse organisasies kry ’n spreekbeurt. Lees oor die bedrywighede van PEN Afrikaans, die ATKV, die Afrikaanse Taalmuseum en -monument, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans en die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

En dit is in ’n neutedop wat LitNET bied. Gaan kyk hier vir meer.

Hier is die skakels na van die verskillende kategorieë:

LitNET Akademies  

LitNET Akademies – Kuberklas Kreatief

Menings

Boeke en Skrywers

Skryfwerk

Leefstyl

Portale

064 652 6873

JOU Afrikaans tel oral en altyd. Vertel ons met die hutsmerk #jouafrikaanstel waar, wanneer of waarom jou Afrikaans tel. Met ons nuutste veldtog bevestig ons dat jy nooit jou taal hoef prys te gee nie, dat Afrikaans oor globale grense strek en dat ons die verskeidenheid in Afrikaans vier. Kyk hier na die veldtog-video’s en neem deel. Onthou om jou naam, van en van watter geweste jy is, by te voeg.