’n Hoogtepunt op die Jeugmaandkalender!

Op Saterdag 23 Junie het die skoolarena van Klein-Nederburg Sekondêr gegons met ritme, vlymskerp rym en ’n warm gees. Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument in samewerking met Afrikaans.com het Jeugmaand en Jeugdag met ’n gratis konsert, kompetisie en werkswinkel vir jong rymkletsers gevier. Die geliefde Kaapse rymkletser, Jitsvinger, het die toon aangegee. Hy het ’n motiveringsboodskap gehad en die jong rymkletsers met raad en daad bygestaan. Deelnemers aan die dag het die geleentheid gehad om na afloop van die gesprekke en werkswinkel deel te neem aan ’n kompetisie en lekker pryse was op die spel.

Jitsvinger inspireer met vlymskerp woorde …

“Ek voel honoured om deel te  kon wees van hierdie opwindende geleentheid. Dis veral hartroerend om te sien hoe dors die gemeenskappe is vir sulke platforms om hulself ten toon te stel …” – Jitsvinger