SASNEV verruim jou taal en jou wêreld

Ontmoet die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV)

“Meer as 30 miljoen mense praat Afrikaans en Nederlands” – aldus SASNEV se webtuiste.

Die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV) is ’n “dinamiese en onafhanklike sentrum waar die kultuurbelange van Nederland, Vlaandere en Suid-Afrika ontmoet, primêr vir Afrikaanssprekendes en met die doel om gedeelde taal- en ander kultuurervarings te bewerkstellig”.

Afrikaans.com ondersteun SASNEV se missie wat ten doel het om die gemeenskaplike belange en samewerking tussen Nederlands- en Afrikaanstaliges te bevorder. SASNEV bied ’n neutrale ruimte waarbinne verteenwoordigers van die ongeveer 24 miljoen Nederlandstaliges in Europa en 6 miljoen Afrikaanssprekendes in Suid-Afrika, mekaar kan ontmoet en van mekaar leer.

Nederlandse Bibliotheek in Kaapstad

SASNEV huisves die Nederlandse Bibliotheek in Pinelands, Kaapstad. Daar is ’n steeds groeiende versameling van Nederlandse boeke, CD’s, DVD’s, tydskrifte en koerante, asook ’n klein maar waardevolle versameling Afrikaanse fiksie en niefiksie (insluitend die Rykie van Reenen-versameling). Gaan besoek hulle gerus op Dinsdae. Donderdae en Saterdae: 10:00 – 13:00.

Nederlandse taallesse

Learn Dutch – bied taallesse by SASNEV aan.

Privaatlesse op aanvraag. Kontak Charl Hirschmann-Aloserij by charl@learndutch.co.za/

Eenders & Anders – Die eerste Afrikaans-Nederlandse lespakket vir skole

’n Interaktiewe lespakket wat Afrikaanstalige leerders (graad 6 tot 11) bekend stel aan die Nederlandse taal en kultuur.

Lees meer hier.

Eureka Barnard gesels met Afrikaans.com.

Podium

Die plek vir ’n kulturele gesprek. Of jy dit in Nederlands, Afrikaans of Engels wil doen of aanhoor, hier staan ’n podium vir kulturele rolspelers om hul woord te doen. Talle besoekers daag gereeld op om deel te neem aan die boek- en kultuurgesprekke, aangebied deur bekende skrywers, akademici en wetenskaplikes uit Suid-Afrika, Nederland en Vlaandere. Gaan kyk op SASNEV se kalender op hulle webtuiste of besoek hulle Facebook-blad vir besonderhede en die program.

Inligting:

SASNEV kan weekliks tussen 10:00 en 14:00 geskakel word by: + 27 (0) 21 531 5831 of stuur ‘n e-pos: info@sasnev.co.za

SASNEV-webtuiste: www.sasnev.co.za

Lees ook

Lees SASNEV se nuusbrief, Hutspot, hier

Rykie van Reenen (1923 – 2003) – een van Suid-Afrika se grootste Afrikaanse joernaliste. Klik hier

Erika Terblanche se artikel op LitNET oor Rykie van Reenen.