fbpx

Matrieksukses deur jou moedertaal

William Sezoe

4 Februarie 2020

Die feit dat Afrikaans deur my bloedstroom loop, maak dat dit altyd deel van my sal wees. Die variëteite van die taal, die uniekheid en mooiheid daarvan, die lekker humor maak Afrikaans vir my onmisbaar.

Afrikaans is soos my daaglikse maaltye. Ek kan nie sonder dit leef nie. Dit voed my. Dit laat my groei en ontwikkel. Met my taal is ek gebore en met my taal sal ek doodgaan! Want Afrikaans is ougat! Ek kan my die beste uitdruk in my taal. In Afrikaans kan ek lekker stout dinge sê en lekker skinder … oor goeie dinge natuurlik!

William Sezoe, ambassadeur vir Afrikaans en reeds ‘n bekende stem in die Paarl Vallei is besig om groot naam vir homself in die Afrikaanse leefwêreld te maak.

William het pas matriek met drie onderskeidings geslaag en doen tans vryskutradiowerk by Radio KC 107.7FM waar hy die program, Afrikaans is Tops, elke Maandagaand tusen agt- en nege-uur aanbied.

Buiten radiowerk, is hy ook lief vir drama en debat en skryf hy ook gereeld vir die Paarl Post (Netwerk24) en Eikestadnuus. William is betrokke by die ATKV se Jeugtak by New Orleans Sekondêre Skool en is ook gereeld betrokke by die Afrikaanse Taalraad se jeuggesprekke.

Hy het met Afrikaans.com gesels oor wat bygedra het tot sy sukses – dikwels onder moeilike omstandighede …

William se raad met Matriekafrikaans

064 652 6873

JOU Afrikaans tel oral en altyd. Vertel ons met die hutsmerk #jouafrikaanstel waar, wanneer of waarom jou Afrikaans tel. Met ons nuutste veldtog bevestig ons dat jy nooit jou taal hoef prys te gee nie, dat Afrikaans oor globale grense strek en dat ons die verskeidenheid in Afrikaans vier. Kyk hier na die veldtog-video’s en neem deel. Onthou om jou naam, van en van watter geweste jy is, by te voeg.