Video van die week

Jitsvinger – breinsuiker met Akwasi

Jitsvinger se het ‘n groot mark in Nederland. Hy het so ‘n jaar of wat gelede met die  Nederlandse rapper Akwasi saamgespan vir hierdie musiekvideo vir die album Breinsuiker. Hy vertel: “Ek het Akwasi ontmoet saam met Def P, twee Nederlandse rappers, wat deel was van die Afrikaaps toer in Nederland in 2011. Sedertdien het ek en Akwasi koppe bymekaar gesit rondom collaboration tussen Nederlands en die Kaap. Die eeue oue verbinding tussen die twee streke bied ons ’n voorsprong – dis vanselfprekend dat ons die leisels neem, nuwe dimensies verken en ons kulture bymekaar bring.”