Iets op die hart? Word ’n blogger.

Foto: Netwerk24 (iSTock)

“Ek is ‘n rebel wat nie kan stilbly oor onderwerpe wat my hart raak nie. Ek het gekies om in Afrikaans te skryf omdat dit my hartstaal is.” – Joanne Human, blogger

Joanne Human se hart is pens-en-pootjies in die platteland – dis waar sy gebore en getoë is en waar sy saam met haar man en drie kinders woon en hulle saam met haar ouers ’n gastehuis bedryf. “Dis ’n plekkie waar ons saam ons liefde vir mooigoed kan uitleef.”

Joanne sê sy leef met haar hart op haar mou en deel daarom graag haar Afrikaanse leefstylblog, Platteland se Hart. Die blog is haar manier om haar gedagtes en ervaringe te deel en ander ma’s te help en aan te raak.

Joanne blog nog nie lank nie, maar haar bydraes raak ’n mens se hart aan. Sy vertel dat hulle lank gesoek het na die regte antwoorde nadat hulle middelste kind gebore is, totdat sy onlangs met Aspergers (op die outistiese spektrum) gediagnoseer is. Dit is hierdie ervaringe en hoe dit is om ma van drie op die platteland te wees, wat ’n mens laat uitsien na nog uit Joanne se “pen”. Gaan kyk hier om meer te lees.

Lekker blogs

Die kleur van my pen, Boerekos met ’n Twist, Die stories sal by jou spook!, Fanie Os Oppie Jas – lekker titels vir lekker blogs. Op Afrikaans.com het ons ’n lys van Afrikaanse stories en blogs waar jy kan gaan loer vir inspirasie. Klik hier.

Is jy ’n blogger of wil jy graag blog?

Ons nooi jou uit om jou Afrikaanse blog aan ons voor te stel sodat ons jou by ons lys kan voeg en jy meer lesers kan bykry. Klik hier … en deel jou blogskakel of storie.

’n Aspirantkok wat graag jou resepte deel?

Hoe klink In en Om die huis, Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie, Kuier, kook en klets of Die Kosvos vir jou? Dit is maar net ’n paar van die oulike kosblogs op ons webtuiste.

Wil jy graag leer blog?

Ons wys jou hoe.

Hoe om te blog? Huisgenoot.com wys jou 1-2-3. Klik hier. 

Begin ’n blog. Klik  hier.

Lees ook:

So ietsie oor die geskiedenis van die blog. Klik hier.

Neem ’n prettige foto wat jou wese uitbeeld en deel dit op sosiale media met die hutsmerk #onmisbaar of stuur vir ons ’n WhatsApp-foto of -stemboodskap by 064-652-6873. Onthou om jou naam en van waar jy is, by te voeg.

JOU taal maak dit vir jou moontlik om te wees wie jy is. Neem sommer self ‘n foto of stuur daardie stemboodskap. Jy hoef nie ‘n toespraak voor te berei nie – net ‘n sin of twee, jou naam en watter geweste jy is.

Koester jou hartstaal!