kykNET Ghoema Musiektoekennings: 29 April 2018

Die kykNET Ghoema Musiektoekennings het weer hierdie jaar hulde gebring aan die grootste rolspelers in die musiekbedryf. Toekennings is tydens ‘n glansgeleentheid, wat ook regstreeks uitgesaai is, by die Theatre of Marcellus in Johannesburg oorhandig.

Jo Black was die groot wenner van die aand. Die verslae sanger moes die podium sewe keer besoek en is met ‘n vrag toekennings huis toe.

Die kreatiewe span wat verantwoordelik was vir die kleurvolle visuele fees vir beide die kykers by die huis én die gehoor in die teater, het gebruik gemaak van spesiale digitale skerms, stop motionanimasie en hoë gehalte choreografie. Daar was optredes deur onderskeidelik: Jo Black, Spoegwolf, Elandra, Robbie Wessels, Linkris the genius en Monique Steyn. Willem Botha was aan die stuur van sake was met ondersteuning deur sy mede-aanbieders; Lynelle Kenned, Ivan Botha, Donnalee Roberts, Jenna-Leigh Bilong, JP Keyter, Cindy Swanepoel, Clint Brink, Hannes Muller, Hannes Brummer, Naas Botha en Werner Swanepoel.

Die kykNET Ghoemas vier hierdie jaar sy sewende bestaansjaar. 

Inskrywings:

  • Daar was 464 individuele inskrywings in die 23 kategorieë.
  • 85 kunstenaars, liedjieskrywers en vervaardigers het ingeskryf.
  • Daar was ’n rekord aantal inskrywings vir die hip-hop-kategorie

Pieter Cloete, ons musiekkenner, Ambassadeur vir Afrikaans en musiekhoof by GrootFM het die spesiale aand meegemaak en met die wenners gesels.

Kyk hier …

En die wenners …

Klik hier vir die benoemings.

BESTE NUWELING VAN DIE JAAR

Jo Black – Skepe

BESTE KOMPOSISIE VAN DIE JAAR

Elvis Blue  – Die Brug (Geskryf deur Elvis Blue)

BESTE HIP-HOP-LIEDJIE VAN DIE JAAR

YOMA – Wille Kat (Geskryf deur Claudia Witbooi [YOMA])

BESTE POP-ALBUM DEUR ’N MANLIKE KUNSTENAAR

Jay – So Lank Sal Ek Jou Liefhê

Kurt Darren – Laat Die Dansvloer Brand

BESTE POP-ALBUM DEUR ’N VROULIKE KUNSTENAAR

Karlien van Jaarsveld – Sing Vir Liefde

BESTE KONTEMPORÊRE ALBUM DEUR ’N MANLIKE KUNSTENAAR

Steve Hofmeyr – SKREE

BESTE KONTEMPORÊRE ALBUM DEUR ’N VROULIKE KUNSTENAAR

Liezel Pieters – Sing My Hart Uit

BESTE ALBUM DEUR ’N DUO OF GROEP

Kaleidoskoop – Gunsteling Seisoen

BESTE GEESTELIKE ALBUM

Anders –  Bruid

BESTE KINDER-ALBUM OF -DVD

Piet Smit – Liedjies en Rympies

BESTE ALTERNATIEWE ALBUM

Francois van Coke – Hierdie Is Die Lewe

BESTE ROCK ALBUM

Saarkie – Queen Van Die Toorbos

BESTE BOEREMUSIEK-ALBUM OF TRADISIONELE MUSIEKALBUM

Ricus Nel – Bring Hulde Aan Worsie Visser

BESTE INSTRUMENTELE ALBUM

CH2 – Insomnia

BESTE LIGTE KLASSIEKE AFRIKAANSE ALBUM

Ons Lieflinge – Miljoene Stemme

BESTE COUNTRY-ALBUM

Elandré – Kleindorp-Dromer

BESTE MUSIEKVIDEO

Appel – Musiekvideo-Trilogie [Lei My Na Die Water, Kom En Lê My Neer, Vroumens] (Regie: Gerhard van Rooyen – GVR)

BESTE LIEDJIESKRYWER SOLO

Chris Chameleon

BESTE LIEDJIESKRYWER SAMEWERKINGSGROEP

Pierre Greeff, Hunter Kennedy & Fred den Hartog

BESTE VERVAARDIGER SOLO

Theo Crouse

BESTE VERVAARDIGER SAMEWERKINGSGROEP

Theo Crouse & Karen Zoid

ERE-TOEKENNING: LEWENSBYDRAE

Lydia Winchester

ERE-TOEKENNING: BESTE VERKOPER

Jo Black – Skepe

ERE-TOEKENNING: GHOEMA DIAMANT

Klipwerf Dansorkes

PUBLIEK SE GUNSTELING MANLIKE KUNSTENAAR

Steve Hofmeyr

PUBLIEK SE GUNSTELING VROULIKE KUNSTENAAR

Karlien van Jaarsveld

PUBLIEK SE GUNSTELING DUO OF GROEP

Tussen Sterre

VROULIKE KUNSTENAAR VAN DIE JAAR

Juanita du Plessis

MANLIKE KUNSTENAAR VAN DIE JAAR

Jo Black

GROEP VAN DIE JAAR

Die Heuwels Fantasties

ALBUM VAN DIE JAAR

Jo Black – Skepe (Vervaardigers: Murray Lubbe en Danny Smoke)

GEWILDSTE LIEDJIE VAN DIE JAAR

Jo Black – Skepe (Geskryf deur Jo Black, Johan Vorster en Christoph Kotze)

LUITOON VAN DIE JAAR

Monique Steyn – Die Boom

DIGITALE LIEDJIE VAN DIE JAAR

Jo Black – Skepe (Geskryf deur Jo Black, Johan Vorster en Christoph Kotze)

DIGITALE ALBUM VAN DIE JAAR

Jo Black – Skepe (Vervaardigers: Murray Lubbe en Danny Smoke)

Die sterre …

Neem ’n prettige foto wat jou wese uitbeeld en deel dit op sosiale media met die hutsmerk #onmisbaar of stuur vir ons ’n WhatsApp-foto of -stemboodskap by 064-652-6873. Onthou om jou naam en van waar jy is, by te voeg.

JOU taal maak dit vir jou moontlik om te wees wie jy is. Neem sommer self ‘n foto of stuur daardie stemboodskap. Jy hoef nie ‘n toespraak voor te berei nie – net ‘n sin of twee, jou naam en watter geweste jy is.

Koester jou hartstaal!