fbpx

Die MotiveringsDiva: Maak 2020 jou beste jaar!

Na tien jaar in die onderwys het haar pad nuwe kronkels gemaak as entrepreneur, radio-omroeper en motiveringspreker. René Arendse is ook ’n projekbestuurder vir talle organisasies en sy koördineer die Afrikaans.com-muurkunsprojek by skole. Haar belangstelling in sielkunde, haar passie vir mense en haar ervaring as opvoeder is die towerbestanddele vir haar motiveringskursusse wat nou aanlyn beskikbaar is. Sy noem haarself die MotiveringsDiva en haar webwerf, www.renearendse.com, is propvol nuttige raad en ’n wye aanlyn kursusaanbod wat jy saam met jou span by die werk of in jou eie rustige ruimte kan gebruik. Die MotiveringsDiva-nuusbrief is ’n maandelikse motiveringsinspuiting wat jou met raad ondersteun en op jou lewensreis bemoedig om jou drome te verwesenlik.

Sy deel haar wenke vir 2020 – Maak dit jou beste jaar!

064 652 6873

JOU Afrikaans tel oral en altyd. Vertel ons met die hutsmerk #jouafrikaanstel waar, wanneer of waarom jou Afrikaans tel. Met ons nuutste veldtog bevestig ons dat jy nooit jou taal hoef prys te gee nie, dat Afrikaans oor globale grense strek en dat ons die verskeidenheid in Afrikaans vier. Kyk hier na die veldtog-video’s en neem deel. Onthou om jou naam, van en van watter geweste jy is, by te voeg.