Die ATR se voetspoor in die noorde brei uit

Ontmoet vir Merlyn van der Rheede

Merlyn van der Rheede is pas aangestel as die Afrikaanse Taalraad se projekbestuurder in die noorde. Sy het ’n  Hoër Onderwysdiploma van die voormalige Onderwyskollege Bellville verwerf,  ’n verdere Diploma in Onderwys met spesialisasie in e-leer van die Universiteit van Pretoria, en ’n B.Phil. in rekenaargesteunde onderrig en e-leer van die Universiteit Stellenbosch.  Sy het wye ervaring van opleiding in skoolbestuur en rekenaargesteunde onderrig en leertegnieke.  Daarby beskik sy oor uitgebreide projekbestuurservaring wat sy in die onderwys en sakesektor verwerf het.

“Met haar spesifieke kundigheid en ervaring, haar onblusbare passie vir Afrikaans, haar moedertaal, en haar warm Afrikaanse hartlikheid, is Merlyn slaggereed om die ATR se operasionele voetspoor in die noorde van die land uit te brei.” – Die ATR

Merlyn gesels oor haar nuwe rol en haar passie vir Afrikaans op Groot Ontbyt.

Agtergrond en visie

Merlyn is  oorspronklik van die Bolandse dorp, Worcester, maar woon reeds die afgelope sewe jaar in Pretoria.

Sy was vir meer as twintig jaar verbonde aan die onderwys en van die projekte waarby sy betrokke was, sluit die reël van werkswinkels en opleiding in. Sy was ook die voorsitter van  die Suid-Afrikaanse Raad vir Sakevroue (SACBW) se Pretoria-tak vir 2017 en 2018.

“Ek het wye ervaring in opleiding en fasilitering van werkswinkels, maar bo alles, is dit my liefde en onblusbare passie vir Afrikaans wat my laat uitsien na my werksaamhede en om te help om die taal toeganklik vir al sy sprekers te maak.”

Lees meer oor die Afrikaanse Taalraad hier.

Kyk hier na die ATR se digitale tydskrif: Die eerste dekade

Vir navrae kontak:

Dr. Conrad Steenkamp

conrad@afrikaansetaalraad.co.za

Ria Olivier

ria@afrikaansetaalraad.co.za

Marekyn Kruger-Evert

marekyn@afrikaansetaalraad.co.za