ATKV-Tienertoneelfinaal 2018:

Jong teatermakers speel die verhoog warm.

Kyk video’s!

Afrikaans.com wens elke jong voornemende teatermaker en akteur in wording geluk met julle deelname aan die ATKV-Tienertoneel 2018!

Julle het verstom, vermaak en verras.

Die afgelope week is die Roodepoortteater se verhoog behoorlik warm gespeel. Gehore is vermaak, ontroer en bekoor en deelnemers kon uiteindelik ’n kans  staan om as die wenner van die 54ste ATKV-Tienertoneelfinaal gekroon te word.

Die wengroep ontvang R30 000, die ATKV-Tienertoneelwisseltrofee en ’n speelvak tydens die Klein-Karoo Nasionale Kunstefees van 2019. Die naaswennergroep ontvang R20 000. Die toneelgroep wat in die derde plek aangewys is, ontvang R10 000. Die beste produksie deur slegs leerders ontvang prysgeld van R10 000.

Die beoordelaars tydens die finaal was Ismail Mahomed, Gerben Kamper, Ira Blanckenberg, Tara Notcutt, André Stolz en Marlo Minnaar.

Die wenners

(Foto’s: Annemarie Wichmann)