
Gevorderde Afrikaans
AFRIKAANSE SKOOLGRAMMATIKA (ASG)
Die Afrikaanse Skoolgrammatika (ASG) is ’n moderne, wetenskaplik begronde beskrywing van die grammatikapatrone van Afrikaans, met onderwysstudente en Afrikaansonderwysers as teikengebruikers. Hoewel dit aan die vereistes van die KABV voldoen, word die inhoud nie daardeur beperk nie, aangesien die grammatika van Afrikaans veel meer omvattend is as wat in die skoolkurrikulum voorgeskryf word. Onthou om telkens op die “Oorsig”-gedeelte te klik.
KLASKAMERHULPMIDDELS
VivA nooi alle Afrikaansonderwysers en dosente van Onderwysafrikaans om te loer na ons klaskamerhulpmiddels wat ons Afrikaanse Skoolgrammatika (ASG) ontsluit.
VivA-LEESBAARHEIDSINDEKS
Met VivA se leesbaarheidsindeks kan jy die leesbaarheid van enige Afrikaanse teks bepaal, met ander woorde hoe maklik (of moeilik) dit is om ’n stuk teks te verstaan.
ONTRAFEL SKRYFTEKENS
Ontrafel skryftekens handel oor die gebruik van die akuutteken, gravisteken, afkappingsteken, kappie, koppelteken en deelteken. Dit is afgestem op Afrikaansonderwysers en onderwysstudente.
TAALONDERRIGADVIESDIENS
Het jy enige Afrikaanse taal- of grammatikavrae? VivA is hier om jou vrae te beantwoord. Besoek hul taalonderrigadviesdiens en gesels saam.
TAALONDERWYSERSFORUM
Die Taalonderwysersforumplatform is ’n platform waar VivA se Afrikaanse Skoolgrammatika (ASG) met behulp van verskillende hulpbronne vir die Afrikaanstaalonderwysersgemeenskap (dosente van Onderwysafrikaans, voornemende en praktiserende Afrikaansonderwysers, insluitend tuisonderwysers) ontsluit word.






