Vergelyking – die wortel van baie kwaad
Skrywer: Karla Janse van Vuuren “Mamma, Leané mag op Sondae-aande TV kyk, hoekom mag ek nie?” “Mamma, Stefan en sy boeties mag die hele naweek X-box speel, hoekom mag ek nie?” “Mamma, Martin se hele kosblik is vol lekkergoed – hoekom het ek net ’n broodjie en ’n piesang?” Vergelyking. Ons kinders doen dit. En…


