Die vele voordele (en verantwoordelikhede) van ’n troeteldier
Skrywer: Karla Janse van Vuuren Het jy geweet ’n troeteldier kan ’n kind emosioneel, sosiaal en fisies bevoordeel? Afrikaans.com het meer uitgevind oor die voordele van ’n wollerige (of selfs ’n geveerde of skubberige) vriend. Troeteldiereienaarskap kan met verskeie positiewe uitkomste geassosieer word, sê dr. Elize van Vollenhoven, ’n dieregedragpraktisyn, senior dosent in etologie (Geselskapsdiere:…

