Dit is uiteindelik tyd om die wenners van vanjaar se Skilder met Woorde-kompetisie aan te kondig. Die kompetisie het laer- en hoërskoolleerders aangemoedig om geïnspireer te word deur een van 15 Afrikaanse liedjies, en ’n kunswerk te skep.
“Elke finalis het ’n plekkie in my hart kom steel. Dankie aan al die onderwysers en ouers wat leerders bygestaan het met die inskryf van hulle werk. Daar wag ’n blink toekoms vir ons finaliste en wenners. Mag julle voortgaan om te skep wat nog geskep moet word!”
sê die kunstenaar Elsie Jooste wat die kompetisie saam met Afrikaans.com aangebied het.
“Dankie aan Afrikaans.com vir julle harde werk tydens die keuringprosesse. Ons sien uit na die volgende kompetisie!”
Dit is met trots dat ons vandag die wenner asook die tweede en derde plekke vir laer- en hoërskoolleerders van vanjaar se Afrikaans.com- Skilder met woorde-kompetisie aankondig.
LAERSKOOL
Eerste Plek

Baie geluk aan Luzaan van der Westhuizen wie se kunswerk geïnspireer deur die liedjie “Namibsroos” die wenner is.
Luzaan wen R3000 en haar skool R8000.
Tweede Plek

In die tweede plek is Elané Leach met haar kunswerk geïnspireer deur “Skepe”.
Sy wen R2000.
Derde Plek

In die derde plek is Aarya Naidoo met haar kunswerk geïnspireer deur “Skepe”.
Sy wen R1000.
HOËRSKOOL
Eerste Plek

Baie geluk aan Eva Daniels – haar kunswerk geïnspireer deur “Sonvanger” het vir haar R3000 in die sak gebring.
Haar skool ontvang ook R8000.
Tweede Plek

In die tweede plek is Mia Vorster se kunswerk geïnspireer deur “Sonvanger”.
Sy wen R2000.
Derde Plek

In die derde plek is Jana Vorster. Haar kunswerk is geïnspireer deur “Vier Seisoene Kind”.
Sy wen R1000.
Afrikaans.com en Elsie Jooste wil graag dankie sê aan elke leerder wat hul liefde vir Afrikaans met die kwas gewys het en vanjaar deelgeneem het.
Let wel dat elke inskrywing benader is volgens die ouderdomskategorie waarin die leerder val en daarom beoordeel is op grond van wat van ’n leerder op daardie ouderdom verwag word.
Elke leerder sal na afloop van die kompetisie ’n sertifikaat van deelname ontvang.







