Ons is baie trots om vandag die top-10-kunswerke vir die laer- en hoërskole bekend te maak.
Afrikaans.com het dié kompetisie vanjaar weer saam met die kunstenaar Elsie Jooste aangebied.
Sy meen elke skildery vertel ’n storie – soms was dit vrolik en speels, soms diep en nadenkend, maar telkens was daar ’n persoonlike boodskap en ’n unieke kreatiewe stem.
“Wat ons veral geraak het, was om te sien hoe die leerders die woorde van liedjies in beelde kon omskep.”
“Hulle het bewys dat musiek nie net iets is wat ’n mens met jou ore hoor nie. Liedjies kan jou laat voel, dink, onthou en droom – en hierdie jong kunstenaars het daardie gevoelens met verf en kleur op doek vasgevang.
Baie geluk aan die volgende leerders wat deel is van ons top-10 (in geen spesifieke volgorde nie). Daar is ’n aparte top-10 vir hoërskool- en laerskoolleerders.
Let wel dat elke inskrywing benader is op grond van die ouderdomskategorie waarin die leerder val en daarom beoordeel is op grond van wat van ’n leerder op daardie ouderdom verwag word.
Vanjaar is daar kontantpryse van R28 000 op die spel.
LAERSKOOL:
Eerste prys: R3 000 (Die skool waarin die betrokke leerder is, sal ook wegstap met R8 000.)
Tweede prys: R2 000
Derde prys: R1 000
HOËRSKOOL:
Eerste prys: R3 000 (Die skool waarin die betrokke leerder is, sal ook wegstap met R8 000.)
Tweede prys: R2 000
Derde prys: R1 000
Die wenners word Vrydag 4 September aangekondig.
Hier is die top-10-inskrywings vir Hoërskool (in geen spesifieke volgorde nie):

Jana Vorster
Gr. 11, Tuisskool
Vier seisoene kind

Luché van Jaarsveld
Gr. 10, Hoër Meisieskool Pretoria
Verander

Hope Strydom
Gr. 12, Hoërskool Knysna
Lappop

Catherine van Staden
Gr. 11, Hoërskool Menlo Park
Skepe

Mieke Haughton
Gr. 8, Durbanville Hoërskool
Kinders van die Wind

Willem van Heerden
18 jaar, Hillcrest Hoërskool
Lappop

Mia Vorster
Gr. 12, Tuisskool
Sonvanger

Eva Daniels
Gr. 10: Hoërskool Hopefield
Sonvanger

Phiané Oosthuizen
Gr. 10, Hoërskool Linden
Verander

Lain Joubert
Gr 11, Tuisskool
Skepe
Hier is die top-10-inskrywings vir LAERSKOOL (in geen spesifieke volgorde nie)

Elané Leach
11 jaar oud: Laerskool George-Suid
Skepe

Amei Jacobs
12 jaar oud: Jacobs Tuisskool
Kinders van die Wind

Danielle van Dyk
Gr 6: Van Dyk Tuisskool
Tik tok

Ilani du Plessis
Gr 7: Laerskool Sedgefield
Tik Tok

Elia-Ann Botha
Gr 1: Laerskool Hendrik Louw
Dagdrome in Suburbia

John-Louis van Vuuren
Gr 7: Laerskool Sedgefield
Sonvanger

Docia-Rose Botha
Gr 1: Laerskool Hendrik Louw
Sonvanger

Laila Kritzinger
Gr 5: Tuisskool
Kinders van die Wind

Luzaan van der Westhuizen
14 jaar oud: Laerskool Jeffreysbaai
Namibsroos

Aarya Naidoo
Gr. 7: St Mary’s DSG Kloof
Skepe







