Skrywer: Karla Janse van Vuuren
Afrikaans.com het vanjaar weer die hoogs suksesvolle kompetisie Skilder met Woorde saam met die kunstenaar Elsie Jooste aangebied, en ons was oorweldig deur die hoeveelheid inskrywings wat ons ontvang het.
Vandag is ons trots om die top-20 hoërskool- en laerskoolleerders met julle te deel.
Elsie sê hulle het ongelooflike kunswerke van beide laerskool- en hoërskoolleerders ontvang. “Dit was vir my as stigter en beoordelaar ’n besondere voorreg om vanjaar weer Skilder met Woorde saam met Afrikaans.com te doen. Elke inskrywing het iets van die jong kunstenaar se verbeelding, emosie en unieke kyk op die wêreld weerspieël.”
Afrikaans.com wil graag dankie sê aan elke leerder wat geïnspireer is deur ons Afrikaanse liedjies en wat sulke pragtige kunswerke geskep het.
“Aan elke leerder wat ingeskryf het: Baie geluk!”
“Julle het ons as beoordelaars geïnspireer en gewys dat kuns geen grense het nie. Hou aan skep, hou aan droom en, die belangrikste, hou aan om julle eie stories deur kuns te vertel,” sê Elsie.
Baie geluk aan die volgende leerders wat deel is van ons top-20 (in geen spesifieke volgorde nie). Daar is ’n aparte top-20 vir hoërskool- en laerskoolleerders.
Let wel dat elke inskrywing benader is op grond van die ouderdomskategorie waarin die leerder val en daarom beoordeel is op grond van wat van ’n leerder op daardie ouderdom verwag word.
Vanjaar is daar kontantpryse van R28 000 op die spel.
LAERSKOOL:
Eerste prys: R3 000 (Die skool waarin die betrokke leerder is, sal ook wegstap met R8 000.)
Tweede prys: R2 000
Derde prys: R1 000
HOËRSKOOL:
Eerste prys: R3 000 (Die skool waarin die betrokke leerder is, sal ook wegstap met R8 000.)
Tweede prys: R2 000
Derde prys: R1 000
Die top-10 word Vrydag (28 Augustus 2026) aangekondig.
Hier is die top-20-inskrywings vir HOËRSKOOL
(in geen spesifieke volgorde nie).

Aerin du Preez
Gr. 12, Merrifield College
Kinders van die Wind

Alet de Jongh
Gr.11: El Shaddai Christian School
Sonvanger

Ataliah van Niekerk
Gr.12, Merensky Landbou Akademie
Skepe

Alina Erasmus
Gr.10, Hoërskool Ellisras
Tik-Tok

Kylie Freeman
18 jaar oud, Hillcrest Hoërskool
Lappop

Eva Daniels
Gr. 10: Hoërskool Hopefield
Sonvanger

Jana Vorster
Gr. 11, Tuisskool
Vier seisoene kind

Kayli Botha
Gr. 12, Botha Tuisskool
Royal Hotel

Danike Nel
Gr. 9, Hoërskool Waterkloof
Tik Tok

Lain Joubert
Gr 11, Tuisskool
Skepe

Philip Myburgh
Gr. 9, Tuisskool
Sonvanger

Luché van Jaarsveld
Gr. 10, Hoër Meisieskool Pretoria
Verander

Hope Strydom
Gr. 12, Hoërskool Knysna
Lappop

Linnea Jacobs
14 jaar oud, Jacobs Tuisskool Potch
Skepe

Mia Vorster
Gr. 12, Tuisskool
Sonvanger

Mieke Haughton
Gr. 8, Durbanville Hoërskool
Kinders van die Wind

Phiané Oosthuizen
Gr. 10, Hoërskool Linden
Verander

Zoey van Zyl
Gr. 8, Hoërskool Waterkloof
Dagdrome in Suburbia

Willem van Heerden
18 jaar, Hillcrest Hoërskool
Lappop

Catherine van Staden
Gr. 11, Hoërskool Menlo Park
Skepe
Hier is die top-20-inskrywings vir LAERSKOOL
(in geen spesifieke volgorde nie).

Lené van der Merwe
11 jaar oud: Laerskool Protearif
Sonvanger

Laila Kritzinger
Gr 5: Tuisskool
Kinders van die Wind

Amei Jacobs
12 jaar oud: Jacobs Tuisskool
Kinders van die Wind

Elia-Ann Botha
Gr 1: Laerskool Hendrik Louw
Dagdrome in Suburbia

David Kotzé
Ses jaar oud: Laerskool Lochnerhof
Skepe

Danielle van Dyk
Gr 6: Van Dyk Tuisskool
Tik tok

Elizmarie Hanekom
Gr 7: Laerskool Helderkruin
Lappop

Gina Meskin
Gr 6: Beaumont Primary
Skepe

Abia Pretorius
Gr 7: Laerskool Bergland
Kinders van die Wind

Elsje Malan
Gr 7: Riverwood College
Inge

Elané Leach
11 jaar oud: Laerskool George-Suid
Skepe

Hilde-Mari Jonker
Gr 5: Art Club Ladybrand
Vier seisoene

Ilani du Plessis
Gr 7: Laerskool Sedgefield
Tik Tok

El’Jané Bekker
Gr 5: Kingdom Harvest Cambrilearn
Skepe

Docia-Rose Botha
Gr 1: Laerskool Hendrik Louw
Sonvanger

Amelie Joubert
Agt jaar oud: Tuisskool
Sonvanger

John-Louis van Vuuren
Gr 7: Laerskool Sedgefield
Sonvanger

Anica Pretorius
Gr 5: Laerskool Sedgefield
Tik Tok

Karlien van Niekerk
Gr 5: Laerskool Vryburg
Lappop

Luzaan van der Westhuizen
14 jaar oud: Laerskool Jeffreysbaai
Namibsroos

Aarya Naidoo
Gr. 7: St Mary’s DSG Kloof
Skepe







